Share

Uit die boks: Nog bloed en seks – en ’n Pers Troue

Lank gelede, in die dae toe Afrikaanse musiek nog luisterbaar was, het Johannes Kerkorrel baie goeie raad gehad vir mense wat verveeld was met dít wat op die kassie is: Sit dit af, sit dit af.

Maar anders as in Kerkorrel se dae (toe die alternatiewe nie veel verder as TV4 gestrek het nie) kan mens deesdae boonop van kanaal verander. ’n Mens gebruik die lang, swart affêre met die kleurryke knoppies daarvoor (vra gerus die bure se bleeksielseun as jy nie weet hoe joune werk nie).

Hierdie fantastiese eienskappe van die televisie maak dit natuurlik baie moeilik om te verstaan waarom enigiemand ooit hoef te kla oor die inhoud van enige program op TV.

Dit in ag geneem, wil ek aanbeveel dat preutse klaers – veral diegene wat nie hou van epiese sages, seks en bloed, Tolkien-agtige fantasieë, barok-geïnspireerde wesens en flambojante binnehuisversiering en nog seks en bloed nie – asseblief sorg dat hul afstandbeheerder (en die bure se bleeksielseun) Vrydagaand byderhand is. Dit is wanneer die vierde reeks van die gewilde (maar ook omstrede) fantasiereeks ­Game of Thrones op M-Net begin.

“Fantasiereeks” beteken beslis nie dit is ’n kinderprogram vol feetjies en dwergies nie.

Wel, orraait, daar is een dwerg, maar hy tel nie, want hy’s ’n regte dwerg. Wel, soort van. Hy’s ’n regte dwerg wat die rol van ’n fiktiewe dwerg vertolk – een van die sleutelkarakters in Game of Thrones.

En sowel die akteur Peter Dink­lage as sy karakter, Tyrion Lannister, word eerder as reuse in die vermaakwêreld beskou en die hoofrede waarom baie mense die reeks so eerbiedig aanhang. En dis nie net omdat Dinklage die twyfelagtige entiteit wat bekend staan as Brangelina afgejak het toe hy sy Golden Globe-prys vir sy rol in Game of Thrones gaan haal het nie.

Dis eerder omdat hy die snerpende, sardoniese en diep melankoliese Tyrion Lannister so uitstekend vertolk dat mens jou skaars die verhaal sonder hom kan voorstel.

Gelukkig strek Dinklage, ’n onpretensieuse New Jersey-boorling, se skerpsinnigheid en vermoë om te verras verder as net sy seksbehebte karakter. Toe een van die selebriteit-versotte Amerikaanse joernaliste hom vra of hy as die groot, nuwe kleinkassie-ster baie rondslaap, was sy antwoord: “If by getting lots of p***y means wearing old man’s sweaters and watering my herb garden, then absolutely, I’m getting lots of it.”

So gewild het hy geword dat toe die vervaardiger HBO verlede jaar in ’n April-grap aankondig hulle gaan hom vervang, die waansinnige uitbarsting onder Dinklage-dwepers die netwerk genoop het om verskoning te vra vir die grap.

En só, dank al die half-gode van Westeros, stuwe die reeks voort met die geniepsige half-held.

En saam met hom en sy bloedskandelike broer en suster en hul genadelose vader (ewe uitstekend vertolk deur Charles Dance, een van die beste booswig-aristokraat-vertolkers op aarde), kan plaaslike Thrones-aanhangers opnuut probeer sin maak van die sewe koninkryke wat spook om die Ystertroon.

Dis reeds etlike maande sedert die skokkende, swaard-swaaiende orgie van bloed waarmee die derde reeks geëindig het. Al wat prominente rolspeler is, is in die onverwagte “Red Wedding”-toneel uitgewis en slegs die muskiete, kokkerotte en skoonmakers het oorgebly.

Die vraag is dus: Wie gaan uit dié pynhoop herrys?

Die nuwe reeks is ook die eerste een wat ernstig gaan afwyk van George R. R. Martin se sewe boek dikke swaard-en-seks-sage.

Al wat in dié stadium seker is, is dat die verbete stryd tussen die vyf konings ten einde gaan loop en dat Jaime Lannister, sonder sy een hand en al, dreig om die mees eerbare man in die land te word.

En, of niemand hul les geleer het uit die vorige bruilofspoging nie, berei die ganse Lannister-koningshuis hom voor vir ’n “Purple Wedding”, die een tussen die afskuwelike jong koning Joffrey en Margaery in Kings Landing...

Seisoen 4 van Game of Thrones begin Vrydag om 21:30 op M-Net (kanaal 101). ­Heruitsendings van die eerste drie reekse is op ander DStv­kanale beskikbaar.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 966 votes
No! It's time to move on ...
33% - 470 votes
Vote
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pound
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Gold
2,337.68
0.0%
Silver
27.19
-0.0%
Brent Crude
89.50
+0.6%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE