Share

Vra dr. Jani: Daar sit ons en wag op die Kaptein van Pyn

Sam Bekker van Sasolburg skryf:

Ek wag al twee uur by my tandarts.

Verskeie tydskrifte is deurgeblaai: Huisgenote van die 1980’s (“GRU-TONELE – PRAG-FOTO’S”). En Cosmopolitans van die vroeë 1990’s (“The thing called ‘The Internet’, sex and your man”). Hier is selfs ’n Sarie uit 1959 – toe Anna-Mart van der Merwe die eerste keer op die voorblad was.

Drie mede-reisigers sit in die wagkamer van dr. H.H. Smith.

Die jong man links van my begin gesels: “Ek is ’n akteur. Het ’n klein rol gehad as Bert in Villa Losa; toe as Gert in 9de Laan. Ook: Ek was ‘Bernina’ in die erotiese Agter elke Ham.

“Ek is nie skaam daaroor nie.”

Die jong vrou regs van my sê: “Jy weet, my man is ’n professionele rugbyspeler en die vinnige pas van die lewe in Japan is verstommend.”

Die bejaarde man langs haar antwoord: “Og, julle praat soveel nonsens. Kan enigiemand onthou toe Suid-Afrika onttrek het uit die Statebond? Nou was dit weer Spele en elke tweede ou kry ’n medalje. Maar is die kompetisie regtig so straf?”

’n Wolk van neerslagtigheid daal op my neer. Daar sit ons vier, tussen ’n klomp ou tydskrifte, skielik verbonde aan mekaar. Dit voel asof ek vasgehaak het in ’n episode uit The Sopranos, reeks 5.

Die jong man sê: “Location, location, location...”

Die jong vrou sê: “As ek nog een keer hoor iemand was ‘The greatest actor of his generation’ gaan ek ’n oudit doen oor hoeveel generasies daar nou eintlik inpas in tien jaar.”

Die bejaarde man sê: “En tog, ­Robin Williams was nogal snaaks.”

Op daardie oomblik verskyn H.H. Smith – Die Tandarts, Die Snydokter van Sasolburg. Sy voorarms is getooi in latex-handskoene, steeds bloederig van ’n vorige slagoffer. Die Tandarts strek sy arms uit soos die beeld van Christus in Rio, en sê: “Mnr. Bekker?”

Dr. Jani antwoord:

Dit laat my dink aan die keer toe ek die Lotto gespeel het en die boerpot was R30 miljoen. Ek kon nie wag om te sien wat die nommers is nie.

Ek had toe iets reg: Een nommer plus die bonus. Wat ’n teleurstelling, want daardie permutasie is omtrent so tasbaar soos ’n openbare beskermer se verslag oor Nkandla.

Sam, al wat ek kan sê, is: Sterkte.

En speel dit. (Die lewe, nie die Lotto nie.) ’n Mens kan nie anders nie.

Vladimir: Say something!

Estragon: I’m trying.

Long silence.

(Groetnis.)
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
38% - 9 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
63% - 15 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE