Share

As donderpadda op sy bliktrommel slaan

janblom s.nw. Donderpadda: Daar is sowat 14 soorte (blaasoppe, blompaddas, janblomsepaddas, goggojots). Landdiertjie wat oordag in gate hou en in holtetjies onder die grond eiers lê; beland hy in die water, dan blaas hy hom op en dryf soos ? ballonnetjie; word hy geïrriteer, dan blaas hy hom ook dadelik op en kan by die afblaas ’n geluid soos dié van ’n sonbesie laat hoor. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A tot R). Hoofredakteur: W.F. Botha.

Laasweek skryf J.C. Steyn ons verloor toenemend die vermoë om goeie en suiwer Afrikaans te kan praat. Ja toe, julle oorverfynde stadsjapie-hipster-spookasems met jul bosluisbaarde en malvalekker-handjies, moet nou nie die oë rol en wegkyk nie.

Ek is nie ’n taalpuris nie, wel iemand met ’n stormagtige liefdesverhouding met Afrikaans, en dit het my laat regop sit en dink, my droewig gemaak. Ek het begin verlang na al die egte Afrikaanse woorde en uitdrukkings wat die oumense doeriedae altyd vir élke ding gehad het, veral op die platteland, waar ’n mens nog met jou wange teen die sagte borskant van die aarde kon leef.

Waar elke plant, wolk, wind, insek, dier en klip ’n beskrywende Afrikaanse naam het.

Nou die aand hier in Seepunt, ná dae se aanhoudende reën, so teen middernag, toe hoor ek dit. Iets wat my na al dié dinge laat hunker het.

Paddas, kwaak-kwaak op die hange van Seinheuwel, soos een groot nagtelike sanggeselskap. Hier in die stad waar ou woorde soms wegspoel en kwyn onder die skerp ligte van die metropolis, hoor ek hoe slaan die paddas op hul bliktrommel, en ek wonder oor hul name.

Ek gaan klop toe aan by die Facebook-blad “Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!” waar verskeie idiome en verwysings na paddas opduik.

’n Donderpadda (of blikslanertjie) is glo ’n opvlieënde mens (dink aan Blade Nzimande). ’n Brulpadda is weer ’n opgeblase mens, óf hy sing bas in die opera.

Iemand vra op die blad: “Onthou julle toe duikers nog paddamanne met paddavoete was?”

Volgens Stefaan de Jager is iemand wat vals soos ’n padda sing glo ’n moddertortel (D.J. Opperman, as die “tortels van die modder koer”).

’n Ander een gee weer verskillende woorde vir paddas: Tamatiepadda (rooi van kleur), stinkpadda, goue skurwepadda, gestreepte rietpadda, rooi-oog-boompadda, kliekende stroompadda, kikvors en plandoeka.

Frikkie Wallis stel voor om in die Elektroniese WAT onder “padda” te gaan soek. Daar kry jy die duinpadda, haarpadda (die mannetjie dra huiduitgroeisels – “hare” – weerskante van die lyf en aan die dye), gevlekte graspadda en nog eindeloos meer.

Wat is die padda-in-die-gat wat jy eet? Dis ’n gereg wat met deeg bedek is. Ander gesegdes: Hy is onder die padda se kombers, hy is in die water. Die man kon nie kwiek of kwak nie, nie ’n woord uitkry nie. Met daardie paddaslagter (stomp mes) sal jy niks regkry nie!

Die lys van lieflike paddaname en uitdrukkings in Afrikaans is dus ooglopend fassinerend en kleurvol, en dit, geagte lesers, is so waar as wat kikvors met padda getrou het (baie waar). Kwaak.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 950 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE