Share

Kietsie verdien ’n beter afskeid

Toe ’n buurvrou die Sondagoggend aan haar voordeur klop en met ’n strak gesig vra of haar kat dalk soek is, het sy sommer geweet.

’n Vark agter ’n stuurwiel het ­Mietsie Vrydagmiddag in die kompleks, skaars 50 m van haar huis af, doodgery. Die buurvrou sê sy’s jammer, hulle het die kat sommer dadelik begrawe.

“Ook maar goed,” sug my vriendin.

“Ek sien nie kans vir nog ’n begrafnis nie.” Die laaste een, nou ook al jare gelede, nog vars in haar geheue.

“Soos altyd was ons laat vir skool en dié oggend was geen uitsondering nie, maar Wouter se heengaan het vir ekstra drama en trauma gesorg.

“My sesjarige seun was gebroke, maar ons het oorle’ Wouter in sy hokkie gebêre sodat ons die middag behoorlik van hom kon afskeid neem.”

Terug by die huis het my vriendin, ’n sielkundige van beroep, besef sy sal vinnig ’n plan moet maak. Haar seun speel gans te lekker met die dooie hamster en het blitsig ’n gat in die tuin gegrawe.

“Jy wil natuurlik ook nie ongevoelig oorkom nie, maar ek is meer gepla oor die elektrisiën wat besig is om iets in die huis te herstel, terwyl ek en my twee kinders langs ’n hamster se graf staan en sing.

“Toe besluit die kinders hulle het nie vir Wouter behoorlik gegroet nie en hy moet weer opgegrawe word.

“Die grond word afgeblaas, Wouter kry soentjies en mooi woorde en word vir ’n tweede keer begrawe. En heeltyd is my kop by die elektrisiën.”

Die geleentheid is afgesluit met ’n kort gebed. En dis toe dat my vriendin omkyk en daar staan die elektrisiën, sy oë styf toe en sy hande eerbiedig voor hom saamgeslaan.

Ek het al verskeie kere van ’n dier moes afskeid neem en net mense wat dit al beleef het, sal verstaan.

Dexter was ’n kat met ’n houding.

Jy kon hom aan sy pote rondswaai en hy was mal daaroor om ’n mielie van die stronk af te eet. En toe eendag tel ek sy stukkende lyfie op die sypaadjie op.

Daar was nie veel van ’n tuin by my woonstelgebou nie en ek besluit toe maar om vir Dexter in die nag in die blombedding by die ingang te begrawe. Waar ek tot my skok die volgende môre ’n lang, grys katstert sien uithang. Dexter is weer opgegrawe en die nag in die skool oorkant se tuin ter aarde bestel.

Aan Dexter, Mietsie en al ons dierekinders aan die anderkant, vergewe ons die soms lomp afskeid.

Julle verdien soveel beter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 898 votes
No! It's time to move on ...
33% - 436 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.53
+1.1%
Rand - Euro
20.16
+1.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
964.50
-2.6%
Gold
2,345.52
+0.6%
Silver
27.58
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,438
+1.5%
All Share
75,393
+1.4%
Resource 10
63,106
+1.6%
Industrial 25
103,764
+1.2%
Financial 15
16,076
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE