Oppad na die games toe was daa ’n pay phone en elke nou en dan virre joke dan bel ôs vi Childline oppie toll free nomme. Dan doen ôs ôs beste renditions vannie American suburban accents wat os oppie tv gesien’et. En dan vetel een van ôs virrie pesoon oppie anne kant: “He did... touch me... there...”
Dan sit jy die phone vinnag nee en haloep lag-lag yt byrie winkel. Wan toe ôs klein was, was sexual abuse die funniest ding wat ek al ooit an gedink’et. Ek dink nou baie da aan, ek wonne wat soot laities is soe desensitized, dat hulle dink child abuse is funny. Maa meeste van als wonne ek hoekom ôs dai American stemme gemaakit. Ek dink miskien issit omdat ek gedink ’et dat abuse iets is wat net in American films gebeu. As ôs se pa’s os gemoer ’et soes’ie mood hulle vat, het ôs maa net anvaar jy wôd nou gemoer, jy het nooit gedink jy wôd abuse ’ie.
As jy arm en coloured groot wôd dan lee jy om baie goed as normal te accept, ammel praat nou en dan van hoe hulle geslaan was toe hulle klein was of hoe hulle mans hulle lekke pak gie, maa niemand praat ooit daaoo inne ernstige way nie, wan dai sal depressing en boring wies.
En daa is niks meer boring as ’n depressed pesoon ’ie. As jy depressed voel, gan iemand inevitably veby kom en vi jou sê: “Nuu, trek jou gevriet reg, hoekom is jy soe bad luck?”
’It issie dat coloured mense bang is om oo hulle gevoelens te praat’ie, dis dat hulle bang is om te admit dat hulle gevoelens het at all. Innie selfde way jy nooit moet lyk asof jy te veel van ienagge iets hou nie, moet jy nooit te sad raak oo dinge nie, annes lyk jy inexperienced en ammel dink dan jy isse nerd.
Ek het onlangs gelies coloured mense hettie hoegste suicide rate innie land, en’it moet waa wies wan ek ken at least vyf laities wie suicide commit ’et wie saam my op skool was. En as jy in Clarke’s Estate groot gewod ’et, die ghetto net langsaan Lavis, dan kan jy dai nomme multiply met tien. Wan Clarke’s Estate is langs’ie treinspoor, soe assie mense fed up raak daasoe, dan gan lê hulle somme oppie treinspoor. Dai is een vannie riedes hoekom die treine altyd laat is innie Lavis.
Die ding wat jy moet vestaan van suicide commit inne township though is dié: As jy’it gan doen, moet jy’it reg doen wan niemand daa gloe inne cry for help ’ie, as jy fail gan hulle jou spot virrie res van jou liewe.
Wat vi my sad maak, is dat ek kan vestaan dat ek soe cavalier kan gewies ’et oo child abuse toe ek klein was, maa die waarheid is, ek het nou eendag gestap innie pad toe kee ’n vrou my voo. Ek en haa laitie het saam Sondagskool geloep, toe vra sy my of ek wiet haa kind het suicide commit.
Sy meisie het hom gelos toe gan hang hy homself op. Ek het net my kop geskud, en my beste impression gedoen van iemand wie rêrag omgie, wan die waarheid was ek kan vi haa onthou ’et, maa nie haa laitie nie. En as ek heeltemaal die waarheid moet praat sallit’ie rerag ’n difference gemaakit’ie, ek ken te veel laities wie hulle self gehang ’et om ’n kês vi ammel te brand. Ek hettie woorde vi laities wie sê die liewe is te swaa vi hulle nie. Al wat mense altyd sê, is dat om suicide te commit is ommie maklike way yt te kies. Asof’it maklik is om jou eie liewe te vat.
Die laaste ding wat dai vrou vi my geserit voo sy angenstap ’et was: “Jirre die dywel is agte ôs kinnes nuh? Die dywel’s ham jaloes.”
Toe dink ek: Hai’s mooi. Is waa.