Share

Van Afrika, maar nie broers

Om den brode, ’n rubriek oor die dinge wat mense doen om kos op die tafel tekan sit.

Spiere rimpel onder Isaac Donkor se rooi-en-geel gestreepte Ghana-sokkertrui terwyl hy verby ’n winkel slenter wat pornografiese DVD’s en sekshulpmiddels verkoop.

Hy stap die geure van The American-hamburgerplek en ’n agterplaas vol gestampte karre en gebreekte glas binne, ’n aroma van olie, petrol en gebraaide vleis en slaptjips.

Dis Newlands dié, Johannesburg-styl. Hier’s g’n deftige huise nie, g’n blink private skole nie en, ergste van als vir die talle biersuipende inwoners, g’n fênsie, historiese bierbrouery nie. Aan die einde van die besige straat stap Donkor sy meubelwinkel binne, die plek waar hy “elke dag van die jaar, behalwe Kersfees” deurbring.

Die lug is vol fyn houtstof.

As die son deur ’n groot venster skyn, lyk dit soos heuning. Die mure is versier met sertifikate en pryse wat Donkor oor Afrika heen ontvang het.

“Ek is ’n liggaamsbouer,” grinnik hy, en hou sy arms in die lug om sy paar bultende biseps te wys. Maar liggaamsbou betaal nie rekeninge nie.

Om dit te kan doen maak Donkor meubels.

Vandag is sy werkwinkel verlate. Al klank hierbinne is die sagte geknars van skoene op houtsaagsels. “Ek wag vir bestellings,” sê Donkor.

“Partykeer is dié besigheid maar stadig... Maar ek maak beter meubels as Ellerines, dit belowe ek jou. Ek maak ontwerpergoed, nie massa-produksie-stukke nie...”

Gewoonlik, sê hy, is sy werkkamer vol geraas van hout wat gesaag en geskuur, dan gepoleer en geverf word.

Behalwe liggaamsbou is Donkor se ander “groot liefdes” sokker en lees. Plakkate van beroemde Ghanese sokkerspelers is oral in sy winkel te sien. “Sulley Muntari en Michael Essien; Afrika se beste!” roep hy uit.

Op sy lessenaar is boeke deur die Nigeriese skrywer Ben Okri. Donkor verduidelik: “Ek probeer my Engels verbeter deur te lees, maar ek geniet lees in elk geval. My Suid-Afrikaanse vriende lees nie. Ek verstaan nie hoekom nie. Want vir my is elke boek soos die universiteit. Ek bedoel, wie het ’n skool nodig as jy boeke het?

“Suid-Afrika moet meer biblioteke kry, man.”

Donkor is oorspronklik van Kumasi in Ghana se suidelike Ashanti-gebied. “Ek het geweet ek wil meubels maak toe ek al in laerskool was,” sê hy. “Toe ek die eerste keer in die houtwerkklas kom, het ek ’n skaafmasjien opgetel en dit begin gebruik. Die onderwyser vra my toe: ‘Het jy dit al voorheen gedoen?’ Ek sê ‘nee, Meneer’, maar die onderwyser het my nie geglo nie, want ek was so goed!”

Toe hy 14 was, het Donkor “meubelver­vaardiging” begin studeer aan die Kumasi- tegniese instituut. “Nou is ek 34 jaar oud. Om met hout te werk is al ding wat ek in my lewe ken. Ek veronderstel jy kan my die man van hout noem,” lag hy.

Donkor het nege jaar terug van Ghana Johannesburg toe getrek. Hy bestee “baie dae” om weggooi-dennehout van geboue wat gesloop word bymekaar te maak en onder sy hande word dit dan perfek afgeronde tafels, kaste en beddens. Hy ontwerp ook kombuise en slaapkamers.

“Van die hout wat ek kry, is baie, baie oud. Jy sal geskok wees oor die hout wat sommige mense as afval beskou.

“Dis honderde jare oud. Ek restoureer dit en maak dit regtig lieflik.”

Donkor het 23 mense opgelei om vir hom te werk. “Hulle is Ghanese en Suid-Afrikaners,” sê hy trots. “Hulle is my mense, my soldate van hout.”

Hy gaan voort: “Daar in Kumasi dink almal ek is ’n ryk man, maar ek is nie. Ek is dankbaar om hier te wees, maar die lewe in Suid-Afrika is hard. My mede-Afrikane hier respekteer my as ’n werker en sakeman. Maar die Suid-Afrikaanse ouens – as hulle ’n vreemde aksent van ’n Afrika-broer hoor, beskou hulle jou nie as ’n broer nie.

“Hulle raak baie ongeskik.”

Hy sug. “Dis die hartseerste deel van my lewe hier in dié stad.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 883 votes
No! It's time to move on ...
33% - 434 votes
Vote
Rand - Dollar
18.83
+1.0%
Rand - Pound
23.57
+1.0%
Rand - Euro
20.18
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
924.10
-0.2%
Palladium
974.00
-1.7%
Gold
2,341.82
+0.4%
Silver
27.49
+0.2%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,193
+1.1%
All Share
75,149
+1.1%
Resource 10
62,964
+1.4%
Industrial 25
103,465
+0.9%
Financial 15
15,988
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE