Share

Beleggers kry die ritteltits oor tegno-aandele, Naspers inkluis

Beleggers het in die afgelope week die ritteltits gehad oor tegnologiemaatskappye en ontslae geraak van hul aandele.

Plaaslik het die grote op die JSE, Naspers, óók gedaal en Vrydag was hy weer een van die verloorders.

Vrese het die week weer opgevlam oor die moontlikheid dat die wêreld ’n herhaling kan hê van die dotcom-borrel wat in 2000 gebars het.

Verskeie ontleders meen egter die daling van sommige tegnologie-aandele die afgelope tyd was buitensporig.

Die aandeelpryse van dié maatskappye het so vinnig gegroei dat dit net natuurlike winsneming kan wees.

Naspers se aandeelprys het Vrydag in ’n stadium met meer as 7% geval en is meer as 20% laer as die hoogtepunt wat hy in Maart bereik het.

Hy volg ook Tencent, die grootste internetmaatskappy in Asië waarvan hy 34% besit, getrou na en dié Chinese maatskappy het in die afgelope week tot sy laagste vlakke in twee maande gedaal.

Hoewel die meeste van die tegnologie-maatskappye duur is, met hoë prys-verdienste-verhoudings, en oorgewaardeer voorkom, moet almal egter ook nie oor dieselfde kam geskeer word nie.

Volgens ’n verslag van Renaissance Capital is baie van die positiewe faktore van Tencent op huidige vlakke reeds in die aandeel se prys, maar dat die “storie oor die medium termyn steeds daar is” met veelvuldige gebiede waar hy oor die volgende paar jaar kan groei. Dit sal aandele in Tencent, en op sy beurt Naspers se aandele, ondersteun, sê Renaissance Capital.

Francois van Dijk, hoof van ekonomiese navorsing by MenteNova, sê hy hou steeds van Naspers as ’n aandeel en hy sal dit nie nou verkoop nie. Hy het baie vertroue in die maatskappy se bestuur en sy fundamentele faktore geld steeds.

Volgens Bloomberg Industries se ontleders is die swakheid van die tegnologiemark weens ’n paar maatskappye met buitensporige hoë waardasies, soos LinkedIn, Twitter en Netflik “eerder as ’n algemene swakheid in tegnologie-aandele”.

Veral die internetmaatskappye mis gedurig ontleders se ramings rakende verdienste en gevolglik raak die sentiment negatief.

“Die verdienste is nie daar nie en dit regverdig nie die hoë pryse nie,” sê Van Dijk.

Dick Wei, ’n ontleder by Credit Suisse, sê in ’n nota aan kliënte dat die huidige swakheid in die aandeelpryse van Chinese internetmaatskappye waarskynlik ’n korttermynregstelling is eerder as ’n borrel wat gaan bars.

Dit bied ook ’n koopgeleentheid vir maatskappye soos Tencent en Baidu, sê Wei.

Volgens hom kan die sentiment weer geleidelik meer positief draai met meer positiewe groei in e-handel, nuwe uitbreidings en meer inkomste uit mobiele toepassings.

Beleggers het sedert die begin van die jaar stadig maar seker uit tegnologie-aandele begin klim ten gunste van maatskappye met stabiele dividende en verdienste.

Die mikroblogdiens het vanjaar al meer as 30% verloor en die aanlyn kleinhandelaar Amazon sowat 20%.

Op 4 April het die Nasdaq 100-indeks, wat meestal tegnologiemaatskappye bevat, die meeste die afgelope twee jaar gedaal, berig Bloomberg.

“Beleggers wil hul tande in iets sink,” sê Jack Ablin, beleggingshoof van BMO Private Bank. “Baie tegnologiemaatskappye het nie enigiets tasbaar om te bied nie.”

Dit is ook dié maatskappye en hul waardasies waarteen Van Dijk waarsku. “Die maatskappye is bloot net te duur op huidige vlakke en ek sal nie verbaas wees as daar ’n groot regstelling op die mark plaasvind nie,” sê Van Dijk.

* Sake is ’n publikasie van Media24, ’n Naspers-filiaal.

Tegnologiebase verloor miljarde binne ’n paar dae

Die afgelope week se daling in aandeelpryse van die tegnologiebedryf het Silicon Valley se rykstes ’n hele paar rand gekos. Die 23 rykste tegnologie-miljardêrs het sedert 2 April sowat $12 miljard verloor nadat beleggers ontslae geraak het van hul aandele in die internetmaatskappye.

Facebook se Mark Zuckerberg, Amazon se Jeff Bezos, Oracle se Larry Ellison en Microsoft se Bill Gates het elkeen binne vier dae meer as $1 miljard verloor, volgens Bloomberg se miljardêrsindeks.

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 886 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE