Share

Biltongman kry sy $12 500

Die doelwit was om voor Woensdag 20 Augustus $12 500 (R134 000) deur “skarefinansiering” – “almal gee ’n bietjie” – in te samel. Die uitdaging was dat die produk grootliks onbekend was in die land waar die geld ingesamel is.

Desondanks het Steve Kerford, die oud-Suid-Afrikaanse biltong-entrepreneur van San Francisco oor wie Sake-Rapport verlede Sondag berig het, 104% van sy teiken bereik. Teen Woensdag het 175 mense op die aanlyn platform Kickstarter.com altesame $13 096 belowe. Kerford sê hy is oorstelp van dankbaarheid.

“Kickstarter was alles of niks. Indien ek nie my doelwit bereik het nie, sou niks gebeur het nie en ek sou geen geld gekry het nie.”

Dit is hoe skarefinansiering werk. Dié model is deesdae wêreldwyd ’n sterk dryfkrag in die finansiering van nuwe innovasies. Jy mag net ’n beperkte tyd op ’n skarefinansieringsplatform adverteer, met die hoop dat ’n groep mense geldelike ondersteuning aan jou projek sal gee. 

Kickstarter.com is een van die bekendste internasionale platforms, maar ewe bekend in Suid-Afrika is Thundafund, wat die Kaapse maatskaplike entrepreneur Patrick Schofield begin het en onder meer die Labia-rolprentteater in die Moederstad deur skarefinansiering wil red. 

In ruil vir hul ondersteuning “beloon” die skepper van die projek finansiers met iets wat met die projek verband hou. In Kerford se geval beteken dit dat hy nou heelwat pakkies biltong, T-hemde en bufferplakkers gaan pos. En nee, as jy buite die VSA bly en geld belowe het, kan hy nie vir jou biltong stuur nie.

“Ons kon ongelukkig nie waarborg dat die biltong wel afgelewer sal word in ander lande nie.”

Die sewe mense wat meer as $250 belowe het, gaan ook in San Francisco op ’n biltong-dinee getrakteer word. “Ek gaan hulle alles van biltongslaai, -pasta en -pizza tot biltong-gegeurde drankies laat proe en hoop hulle kom honger na die ete toe,” sê Kerford.

Sy onderneming, Cut & Dried Gourmet, is ook ’n trotse borg van SOS Children’s Villages in Suider-Afrika. “Soos wat ons groei, sal ons bydraes ook toeneem. Suid-Afrika is altyd in ons gedagtes,” sê Kerford. 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 929 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 970 votes
Vote
Rand - Dollar
19.26
-0.8%
Rand - Pound
23.98
-0.8%
Rand - Euro
20.59
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.51
-1.0%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
914.80
-0.6%
Palladium
1,018.50
-0.7%
Gold
2,322.88
+0.0%
Silver
27.30
0.0%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,567
+0.8%
All Share
74,509
+0.7%
Resource 10
59,880
+0.5%
Industrial 25
104,190
+1.4%
Financial 15
15,904
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE