Share

Dink voordat jy uit pensioenfonds bedank

Talle lesers wil weet: Moet ek my geld uit die GEPF vat?

Ek kry nou al maande lank weekliks navrae van lesers oor die staat se pensioenfonds (GEPF). En die vraag is elke keer: Moet ek bedank en my geld vat?

Gerugte, duidelik volgens lesersbriewe ook lekker aangeblaas deur sekere “raadgewers”, wil dit hê dat lede van die GEPF ná 2015 hul gratifikasie – die kontantbedrag – gaan verloor.

Die regering het in die afgelope week ’n verklaring hieroor uitgereik waarin hy sê dit is snert. Wat ek vir lesers wil sê, is kom ons gaan maak die somme.

Net eers ’n gerusstelling: Die GEPF is onderhewig aan die wet op staatsamptenare se pensioen (wet 21 van 1966).

Die fonds is ’n vastevoordeelfonds, wat beteken aftreevoordele word gewaarborg. Selfs die minimum jaarlikse verhoging in pensioengeld ná aftrede is in die reëls vasgelê.

Die fonds is verplig om aan pensioentrekkers ’n jaarlikse pensioenverhoging van minstens 75% van die gemiddelde inflasie te gee.

Normale aftree-ouderdom is 60 jaar en die voordele sal afhang van of die lid meer of minder as tien jaar diens het – minder as tien jaar, en jy kry ’n kontantbedrag; meer, en jy kry sowel ’n kontantbedrag as ’n maandelikse pen­sioen.

Vir die diensjare voor 1998 is die kontantbedrag belastingvry, anders is belasting betaalbaar daarop teen die gewone koers op aftreevoordele.

Bedank jy voortydig, kry jy net ’n kontantbedrag, wat baie minder gunstig belas word. Kortom, deur te bedank en jou geld te neem, kry jy minder en daarvan gee jy nog ’n groot deel vir Jan Taks present.

Die somme is in die tabel. Dit is gegrond op werklike syfers (met sekere groeiveronderstellings gegrond op werklike groei oor die afgelope twee jaar).

Die lid het 23 jaar diens en nog vyf jaar voor aftrede.

Die berekeninge toon hoe dom dit finansieel sal wees om te bedank en jou geld nou te neem eerder as om te werk en te wag vir aftrede.

Nie net kry jy dan ’n ekstra vyf jaar lank salaris nie, jy spaar vyf jaar langer aan jou pensioen.

Maar dis nie al nie. Deur selfs net vroeër af te tree – nie te bedank nie – word jy gepenaliseer met 0,33% van jou aftreevoordele vir elke maand wat jy voor 60 aftree.

Deur te bedank, verbeur jy boonop jou mediesefondssubsidie ná aftrede wat sou gegeld het indien jy aftree. En vra maar enigeen wat al afgetree het wat mediese koste en mediese inflasie aan sy pensioen doen.

Die ander argument wat ek hoor – “maar as ek doodgaan, is die geld weg” – is ook nie heeltemal geldig nie. Daar is ’n gadepensioen.

En as jy regtig iets vir die kinders wil nalaat, neem lewensversekering uit. Dit is spotgoedkoop vergeleke met wat jy verloor deur te bedank. Net dit wat jy met bedanking gratis aan Jan Taks gee, kan etlike miljoene rande se lewensdekking koop.

Nico van Gijsen CFP is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa.

Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com. Twiet: @Nicovangijsen

 

Syfers wys bedanking is dom


Bedanking nou 

Kontantvoordeel  R2 193 821

Belasting hierop R396 409

Netto waarde van bedankingsvoordeel R1 797 412


Aftrede oor 5 jaar 

Kontantbedrag (gratifikasie) R1 002 798

Belasting hierop R50 067

Kontant beskikbaar ná belasting R952 731

Maandelikse pensioen R22 653

Waarde van maandelikse pensioen by aftrede oor lid se lewensverwagting R4 976 300


Totale waarde van aftreevoordeel

(R4 976 300 + R952 731) R5 929 031

Aftreetekort deur nou te bedank

(R5 929 031 – R1 797 412) R4 131 619

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 398 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 824 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.71
+0.5%
Rand - Euro
20.37
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.27
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
940.50
-1.0%
Palladium
1,026.50
-0.3%
Gold
2,390.34
+0.5%
Silver
28.54
+1.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE