Share

Gesondheid: Rek jou rande só

Hoe kan ’n mens meer uit jou mediese fonds kry? Andrew Edwards, uitvoerende hoof van die Liberty Mediese Skema, gee ’n paar nuttige wenke:

* Gebruik waar moontlik generiese medisyne. ’n Mens kan die bedrag wat jy bestee aan medisyne – veral chroniese medisyne – met tot 30% besnoei deur die generiese weergawe van ’n middel te gebruik, as jou dokter dit goedkeur.

* Maak seker jou dokter en ander gesondheidsorgverskaffers vra medieseskematariewe. Sommige dokters en spesialiste vra meer as die mediesefondskoers. Daar is baie dokters wat wel mediesefondstariewe vra, so vra ’n bietjie rond.

* Voorsorg is beter as nasorg. Voorkomende stappe om jou gesondheid te bestuur, bespaar jou op die lange duur nie net geld nie, maar dit help ook om lewens te red.

Ondergaan jaarliks dié toetse wat by jou ouderdomsprofiel pas, soos cholesterol, insulien, bloeddruk, mammogramme en prostaat-ondersoeke. Besoek die tandarts en oogarts jaarliks.

Op dié manier kan jy siektes vroeg identifiseer en dit bestuur, eerder as dat jy later in die hospitaal beland.

* Moenie direk na spesialiste gaan nie. Dis maklik om te dink net ’n spesialis kan jou behandel, maar baie algemene toestande kan deur ’n algemene praktisyn geïdentifiseer en behandel word.

* Hou die koste van diagnostiese toetse laag. Min mense besef hoeveel hulle elke jaar aan onnodige bloedtoetse bestee.

Jou huisdokter behoort ’n omvattende lêer te hê van al jou besoeke en toetsuitslae. Só bou hy of sy oor tyd ’n holistiese prentjie van jou gesondheid.

* Verstaan hoe jou mediese fonds werk. Lede van mediese fondse word dikwels verwar deur die omvang van die inligting wat hulle kry oor betalingslimiete, spaarrekeninge en hospitaaltoelaes.

Lees alle moontlike inligting en moenie bang wees om vrae te vra nie. Jou finansiële raadgewer of personeel by ’n oproepsentrum, behoort aan jou te kan verduidelik hoeveel jy kan bestee by die verskillende gesondheidsorgverskaffers, soos huisdokters, spesialiste en mediese prosedures, voordat jy die sak sal moet begin skud.

* Volg die reëls. ’n Ongemagtigde operasie of mediese prosedure kan duur wees, so onthou altyd om voor die tyd magtiging van jou mediese fonds te kry.

Maak seker jou mediese fonds dek noodgevalle soos motorongelukke outomaties.

Wees eerlik oor jou gesondheid en enige bestaande siektetoestande wanneer jy aansoek doen om mediese dekking, anders kan die fonds weier om vir sekere behandelings te betaal.

* Hou ’n lysie van jou uitgawes. Dis maklik om te vergeet watter eise jy ingedien het en waarvoor jy reeds terugbetaal is en teen watter koers.

Hou ’n lêer met al jou eise en maandelikse state.

Dit sal jou help om jou mediese dekking beter te bestuur en dit sal jou help besluit of jy nodig het om op te gradeer na ’n hoër opsie, selfs al lyk dit duurder.

* Begroot. Hoewel dit moeilik is om gesondheidsprobleme te voorspel, is dit raadsaam om jou mediese uitgawes deur die jaar te versprei.

Dis waarskynliker dat jy en jou gesin jul huisdokter in die winter gereelder sal besoek met infeksies van die boonste lugweg. Sit van die begin van die jaar af geld weg om vir later in die jaar voorsiening te maak.

As jy ’n operasie nodig het, moenie bang wees om vooraf vir ’n kwotasie te vra nie.

* Bemagtig jouself. Mense bevraagteken nie maklik hul dokter en vra of ’n behandeling of medikasie regtig nodig is nie. Hulle onderhandel ook nie sommer oor ’n prys nie, want hulle het nie die kennis om ’n ingeligte besluit te neem nie.

Leer meer oor jou gesondheid, jou dekking en vra jou finansiële raadgewer of mediese fonds vir inligting en raad.

 

Laat voordelevir jou werk

 

Dit is in jou belang om die beste te maak van jou mediese fonds se dag-tot-dag-voordele, sê Peter Jordan, hoof van Fedhealth.

“Die sleutel is om jou daaglikse besteding aan gesondheidsorg so laag moontlik te hou sodat jy nie ’n tekort aan geld het teen die einde van die jaar nie.”

Jy moet weet wat gedek word, wat nie gedek word nie, en watter persentasie van tariewe deur jou spesifieke opsie uitbetaal word.

Jy moet beplan hoe jou spaarrekening vir die jaar gebruik behoort te word met inagneming van noodsaaklike mediese uitgawes, soos tandartsbesoeke en besoeke aan die oogkundige en jou huisdokter.

“Voordat jy na jou huisdokter gaan, moet jy jouself afvra of dit werklik noodsaaklik is en of jy nie eerder hulp by ’n apteker of elders kan kry nie. Kry die regte raad.

“Sommige mediese fondse het hulplyne waar jy raad kan kry. Waarom nie eerder dit gebruik nie? Vrae oor onbekende simptome, mediese en medisyne-inligting, algemene boererate, of vrae oor voedingstowwe of dieet kan vertroulik deur ’n professionele persoon beantwoord word.

“As jy steeds nodig het om ’n dokter te spreek, vind uit of jy op ’n netwerk-opsie is en dus na ’n netwerk- algemene praktisyn kan gaan. Só sal die mediese fonds regstreeks vir die konsultasie betaal en nie uit jou spaarrekening nie.

“Met Fedhealth is hierdie unieke voordeel ook onbeperk. Dit beteken jy en jou afhanklikes kan ’n netwerk- algemene praktisyn soveel keer besoek soos julle wil, sonder om jou te bekommer oor wat die uitwerking daarvan op jou spaarrekening sal wees,” sê Jordan.

“As die algemene praktisyn jou na ’n spesialis moet verwys, vra dat hy jou verwys na ’n spesialis wat ingekontrakteer is. Jou mediese fonds het tariewe met dié spesialiste onderhandel en jou konsultasie sal ten volle betaal word indien jy wel beskikbare dag-tot-dag-voordele het.”

Vra jou dokter oor sy tariefstruktuur voor die konsultasie begin om enige verrassings te vermy. “In sommige gevalle sal dokters jou minder vra as jy dadelik betaal en die geld terugeis van die mediese fonds. Dis ook belangrik om boek te hou van die betalings wat jou mediese fonds elke maand maak en seker te maak wat word uit jou spaarrekening betaal en wat nie.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 474 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1036 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent-ruolie
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE