Share

Gloeilamp se einde doof duisende poste

Die tradisionele gloeilamp, Thomas Alpha Edison se beroemde uitvindsel wat die leefstyl van miljoene mense verander het, is ’n bedreigde spesie.

Dalk selfs vir strokiesprenttekenaars wat dit gebruik as simbool vir ’n blink idee.

Dit lyk asof die gloeilamp binnekort die pad gaan volg van die VHS-videokasset, die klankkasset, filmkameras of faksmasjiene.

Die Duitse lampvervaardiger Osram het onlangs gewaarsku hy sal 7 800 van sy sowat 34 000 werknemers wêreldwyd moet afdank weens die vinniger as verwagte afname in verkope van tradisionele gloeilampe.

Die oorsaak is ’n internasionale veldtog van die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (Unep) om tradisionele gloeilampe teen 2016 wêreldwyd uit te faseer. Suid-Afrika het op die klimaatberaad in 2011 in Durban aangekondig hy sluit hom by dié veldtog aan.

Osram en Philips, die twee grootste vervaardigers van lampe, steun die uitfasering, want albei het reeds gediversifiseer na nuwe-tegnologielampe soos LED-ligte en energiebesparende CFL’s.

Intussen waarsku sommige kenners die lig van CFL’s is sleg vir jou oë en jou vel as jy lank en van naby daaraan blootgestel word, anders as tradisionele gloeilampe. Fotograwe kla ook CFL’s is ’n swak kunsmatige lig wat nie natuurlike kleure na vore bring nie.

’n Woordvoerder van Osram wou nie kommentaar lewer oor hoe die herstrukturering sy Suid-Afrikaanse bedrywighede gaan raak nie. Hy het gesê die aantal Osram-werknemers in Suid-Afrika is baie min vergeleke met die totale getal werknemers.

In die algemeen word die laer vraag na tradisionele gloeilampe deels uitgekanselleer deur nuwe tegnologie. LED-gebaseerde produkte is reeds 38% van Osram se totale omset.

Mark Koerner, hoofbestuurder van Philips Lighting Suider-Afrika, sê tradisionele gloeilampe is ondoeltreffend en straal 95% van hul energie uit as hitte, teenoor net 5% as lig.

Sowat 40% van Philips se internasionale ligverkope kom tans van LED-tegnologie.

 

Gesondheidsgevare

 

Twee Britse akademici, proff. John Hawk en John Marshall, waarsku albei oor die gesondheidsrisiko’s van kompakte fluoorlampe (CFL’s), die mees algemene energiebesparende ligte wat tans verkoop word. Hawk, ’n afgetrede velspesialis van Kings College in Londen, het gesê langdurige blootstelling aan die lig van CFL’s kan die vel beskadig en veroudering versnel.

Marshall, ’n oogkundige, waarsku die lig van CFL’s kan sleg wees vir jou oë en veroudering van die oë versnel.

Albei die professore het ’n groot voorraad tradisionele gloeilampe gaan koop voordat die Britse regering die invoer van die ou soort gloeilampe in 2012 verbied het.

Omdat CFL’s klein hoeveelhede kwik bevat, verg dit ook ’n versigtiger benadering wanneer dit breek en herwin moet word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 949 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE