Share

Goudreuse draai die horlosie terug

Die doelgerigte aftakeling van die multinasionale goudmynreuse wat in die 1990’s in Johannesburg die lig gesien het, lui ’n nuwe hoofstuk vir die 110-jarige Suid-Afrikaanse goudbedryf in.

AngloGold Ashanti het in die afgelope week aangekondig dat hy nou in twee maatskappye verdeel word – een wat al die Suid-Afrikaanse goudmyne hou en ’n “Newco” met twee derdes van die bates wat na Londen geskuif sal word.

Dit is min of meer wat Gold Fields in 2013 gedoen het met die ontknoping van sy Suid-Afrikaanse myne in Sibanye Gold. Ook BHP Billiton het onlangs aangekondig dat sy Suid-Afrikaanse bates in ’n nuwe maatskappy saam met minder waardevolle bates in ander lande gehou sal word.

AngloGold en Gold Fields is basies nou weer waar hulle in 1998 was, voordat hulle hul internasionale goudmynryke opgebou het wat hulle onder die top-vyf wêreldwyd geplaas het.

Die Reserwebank stel egter ’n duur vereiste om seker te maak dat die veranderinge by AngloGold nie in ’n kapitaalvlug ontaard nie: dat die Suid-Afrikaanse maatskappy wat oorbly, met ’n skoon lei begin wat skuld betref.

AngloGold probeer deur ’n regte-uitgifte aan aandeelhouers $2,1 miljard inwin sodat hy van ’n deel van sy meer as $3,6 miljard-skuld ontslae kan raak.

Dié deel van die proses het AngloGold se aandeelprys Woensdag met 14% laat duik.

Die rede vir die ontknoping is dat Suid-Afrikaanse goudmyne nie pasmaats is vir ander bates in ’n enkele maatskappy nie.

In AngloGold se verduideliking in die afgelope week het alles gewentel om die nuwe soort bestuur wat nodig is, maar ontleders wys al lank daarop dat die aandele van maatskappye met Suid-Afrikaanse myne dikwels teen laer pryse verhandel as dié van ander wêreldwye goudmaatskappye.

Toe Gold Fields Sibanye in 2013 ontknoop, is dit beskryf as ’n fel oordeel oor Suid-Afrika, maar sedertdien is dit Sibanye wat met mening geld maak. Sy markwaarde het van R10 miljard tot R22 miljard gegroei. Dié van die res van Gold Fields het van R68 miljard tot R36 miljard ingekrimp.

Dis taamlik maklik om ’n saak daarvoor uit te maak dat dieselfde by AngloGold gaan gebeur, veral as hy van die skuld ontslae raak. Sy Suid-Afrikaanse myne subsidieer tans die res van die groep se myne. Daardie geld sal nou óf vir dividende óf verkrygings gebruik kan word.

Hulle produseer 32% van AngloGold se goud, maar dra 40% tot sy verdienste by. Hulle is oud en het gevolglik minder kapitaalbesteding nodig. Dit beteken dat hulle meer as die helfte van AngloGold se vrye kontantvloei lewer, wat ’n kernmaatstaf van ’n myn se werklike winsgewendheid is.

Nes Sibanye, wat platinummyne wil koop, is AngloGold se plan om ’n multi-hulpbronmaatskappy te vestig.

Goldman Sachs bespiegel dat die nuwe AngloGold dalk sal probeer om Harmony Gold of Anglo American Platinum se myne in Rustenburg te koop.

AngloGold sê vreemd genoeg hy sal altyd op die uitkyk wees vir internasionale bates wat nie goud is nie nadat hy juis al die bestaande internasionale bates afgesplinter het.

 

Wat van silikosesake?

 

Die regsverteenwoordigers van oud-mynwerkers wat aan silikose ly, krap kop ná AngloGold Ashanti se aankondiging.

Richard Spoor, een van die prokureurs wat ’n potensieel massiewe silikose-groepsgeding in die Suid-Gautengse hooggeregshof probeer sertifiseer, sê hy is nog nie heeltemal seker wat dit beteken vir die silikose-eise wat op onder meer AngloGold wag nie.

Oppervlakkig beskou kan die ontknoping silikose-prokureurs ’n troefkaart gee soortgelyk aan die een wat gebruik is om ’n skikking van R460 miljoen uit die voormalige Gencor te dwing.

Destyds het Gencor sy ongewenste Suid-Afrikaanse myne probeer ontbondel voordat dit deel sou word van wat vandag BHP Billiton is.

Spoor het toe ’n interdik teen Gencor gekry om te keer dat hy van Impala Platinum ontslae raak. Sy argument was dat sou Gencor van die bates ontslae raak wat die uiteindelike asbesverwante skade sou moes vergoed, hy aanspreeklikheid daarvoor sou kon vermy.

Kort daarna het Gencor geskik.

Volgens Spoor het die prokureurs wat die silikose-saak aanvoor, “nog nie veel insig in die verkoopsooreenkomste” wat met die AngloGold- en die vroeëre Sibanye-transaksie gepaardgaan nie. Nog belangriker – hulle weet nie of aanspreeklikheid oorgedra kan word nie.

’n Woordvoerder van AngloGold het aan Sake gesê dis onwaarskynlik dat die ontknoping AngloGold sal help om enige silikose-aanspreeklikheid vry te spring. Dis deels omdat AngloGold sê hy sal net 35% van die “Newco”-aandele aan aandeelhouers oordra en op mediumtermyn die res hou. Dit beteken hy behou die bates waarteen skadevergoeding geëis kan word.

Die land se goudmynmaatskappye, insluitend AngloGold, het duisende velle papier in hofstukke ingedien in ’n poging om die saak te smoor met die argument dat ’n groepsgeding onuitvoerbaar is.

 

Miljardêr wil niks weet

 

Die Amerikaanse miljardêrbelegger John Paulson wil sy voet dwars sit oor AngloGold Ashanti se ontknoping.

Hy sê dit sal aandeelhouerswaarde vernietig. Sy New Yorkse verskansingsfondse het ’n belang van 6,6% in AngloGold.

“Die konsep is goed, maar die uitvoering... en die enorme verwatering van aandele – vernietig waarde.

“Ek het absoluut geen plan om vir die transaksie te stem nie.”

Paulson se fondse besit heelwat goud. Hy is persoonlik die 82ste rykste mens ter wêreld op Forbes se lys rykes.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 908 votes
No! It's time to move on ...
33% - 440 votes
Vote
Rand - Dollar
18.79
+1.2%
Rand - Pound
23.45
+1.5%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.0%
Platinum
921.50
-0.4%
Palladium
963.00
-2.8%
Gold
2,336.64
+0.2%
Silver
27.34
-0.4%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,556
+1.6%
All Share
75,552
+1.6%
Resource 10
62,555
+0.7%
Industrial 25
104,333
+1.8%
Financial 15
16,164
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE