Share

Juju president? Hoerikwaggo en staatshoender lê voor

Staatsbeheerde hoender-broeihuise, Tshwane die hoofstad, Tafelberg wat Hoerikwaggo word en ’n verbod op geneties gemanipuleerde voedsel.

Dít is van die minder bekende voorstelle in die 2014-verkiesingsmanifes van “opperbevelhebber” Julius Malema se EFF.

Dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, sê dit is nie só verregaande dat Malema president word nie.

Hy sê Malema kan vinnig opgang maak as die ANC nie die nasionale verkiesing wen nie en gevolglik ’n koalisieregering met die EFF moet vorm.

Onder Malema se presidentskap sal Suid-Afrika egter binne ’n jaar bankrot speel as die EFF al sy radikale planne deurvoer.

Die EFF wil onder meer myne en banke nasionaliseer, ’n nasionale minimum loon instel, invoertariewe verhoog en welsyntoelaes verdubbel.

Die instituut vir rasseverhoudinge het namens City Press bereken die koste om die myne en banke te nasionaliseer, sal groter wees as Suid-Afrika se bruto binnelandse produk.

Volgens Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, sal die EFF se beleid om armoede en ongelykheid te verminder, eintlik armoede en ongelykheid vergroot.

“Die Gini-koëffisiënt kan waarskynlik tot 0,8 styg,” sê Schüssler.

Hy sê die nasionalisering van banke en myne sal “ ’n ramp” wees omdat die regering nie die bevoegdheid het om dié ondernemings te bestuur nie”.

“Die Posbank doen nie wat sy kliënte wil hê nie, daarom het hy minder kliënte as Capitec,” sê Schüssler. Hy sê die staat se mynmaatskappy en ander staatsbeheerde maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), Eskom en die SAUK maak nie juis wins nie en belemmer eintlik ekonomiese groei.

Die EFF wil ’n nasionale minimum loon van R4 500 per maand instel en vir sekere poste soos mynwerkers, bouers en petroljoggies is die voorgestelde minimum loon selfs hoër.

Vir mynwerkers is die voorgestelde minimum loon R12 500 per maand.

Volgens Schüssler sal baie werk in die slag bly as die nasionale minimum loon ingestel word.

Die meeste bedrywe sal nie met dié salarisverhogings ’n wins kan maak nie. “Soos Amcu (die Association of Mineworkers and Construction Union) nou agterkom, is daar nie geld nie. Al vat jy die salarisse van al drie mynbase heeltemal weg en vergoed net die 70 000 stakers met die geld, is dit minder as R45 elk per maand.”

Schüssler sê volgens sy berekeninge sal daar net 150 000 van die huidige 900 000 huishulpe in die land oorbly as hulle R4 500 per maand betaal moet word.

Die EFF wil verder alle invoertariewe verhoog om plaaslike bedrywe te beskerm.

Volgens prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool, sal die EFF nie “binne die norme en grense van internasionale ooreenkomste goedsmoeds invoertariewe kan verhoog nie”.

Rossouw sê dit kan lei tot ’n internasionale tariefoorlog teen Suid-Afrika “wat die lewe baie moeilik vir uitvoerders sal maak en tot werkverliese in uitvoersektore kan lei”.

Die EFF wil alle huidige welsynstoelaes verdubbel – die pensioentoelae sal byvoorbeeld van R1 300 tot R2 600 per maand styg.

Boonop wil die EFF ook ’n welsyntoelae van R2 500 per maand vir alle terminaal siekes instel.

Rossouw sê Suid-Afrika kan glad nie ’n verdere styging in welsynstoelaes bekostig nie.

“Daar is reeds meer as 16 miljoen mense wat toelaes kry, en ’n verdubbeling van toelaes sal beteken die regering sal meer as 20% van die totale inkomste aan maatskaplike toelaes bestee.”

Die EFF glo hy sal genoeg belastinginkomste kan genereer deur doeane- en aksynsbelasting met 50% en maatskappybelasting tot minstens 40% te verhoog.

 


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 584 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 822 votes
Vote
Rand - Dollar
18.88
+0.3%
Rand - Pound
23.86
+0.2%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE