Share

Maak geldseker voordat jy skei

Ek lees die afgelope week in Sake dat geld die hoofoorsaak van egskeidings is. Ek wil amper byvoeg dit maak nie saak of dit weens te veel of te min is nie. Geld is maar ’n bokker; hy speel met jou kop.

Ek is nie ’n huweliksraadgewer nie, wel ’n finansiële raadgewer. Om seker te maak jy sleep nie die finansiële pyn van jou egskeiding met jou saam die toekoms in nie, is hier ’n paar wenke.

Laat ’n kundige finansiële beplanner jou van die begin af bystaan. Ek sien eenvoudig te veel die jammerlike finansiële gevolge van skikkingsooreenkomste om te dink jy kan sonder ’n spesialis- finansiële beplanner klaarkom.

As onderhoud geëis word, maak seker dat die eis wat toegestaan word, teen die eks se boedel afgedwing kan word, anders verval dit die dag as hy sterf en sit jy en die kinders dalk op straat. Die dood wag nie vir kinders om groot te word nie.

’n Manier om dié risiko te hanteer, is om ’n polis op die eks se lewe te laat uitneem ten gunste van jou. Maak seker dit vorm deel van die hofbevel. Die polis sal uitgesluit wees van boedelbelasting as dit reg gestruktureer is.

Is daar ’n familietrust? Dit is ’n geldbron wat dikwels oor die hoof gesien word omdat mense nie die trustreg mooi verstaan nie. Die meeste familietrusts word maar op ’n bedenklike manier bestuur en is nie veel meer as ’n gewaande belastingfoefie nie. ’n Trustkenner sal vir jou sê waar die geleenthede lê met ’n trust wat bestuur word asof dit eie bates is.

Ek het een geval waar ’n vrou R2 miljoen uit ’n familietrust aanvaar het terwyl daar minstens nog R20 miljoen na my mening vir verdeling tot haar beskikking was. Moenie in dié slaggat trap nie. As “te veel geld” jou laat skei, kan jy net sowel daarna finansieel voordeel trek.

Wat van jou testament? Maak seker jy verander dit, tensy jy wil hê die eks moet erf as jy doodgaan. Die Wet op Testamente gee jou ná ’n egskeiding drie maande tyd om jou testament te wysig. Binne die drie maande word jou dood gereken asof die eks vóór jou dood is. Ná drie maande word gereken jy het bedoel om die eks te laat erf.

Kyk ook na jou polisse. Die versekeraar betaal aan die persoon uit aan wie die polis begunstig is, en dit kan jou eks wees. Versekeraars steur hulle nie aan egskeidings nie – hulle volg die opdragte in die poliskontrak.

En as jy die begunstigde van die polis wysig, moet liewer nie minderjarige kinders direk aanwys nie. Begunstig dit dan liewer aan jou boedel met ’n aanduiding in jou testament hoe daar met die geld en die versorging van jou kinders te werk gegaan moet word.

’n Spesiale trust geskep deur jou testament is ’n goeie manier om vir minderjarige kinders te sorg en te voorkom dat die geld in die voogdyfonds beland. Só ’n trust kry ook spesiale belastingvoordele.

Die laaste punt is toegang tot ’n deel van die eks se pensioenfondsvoordele. Die Wet op Egskeidings sê ’n persoon se pensioenfondsvoordele (ongeag die reëls van die tersaaklike fonds) sal deel uitmaak van sy persoonlike bates, maar jy het nie outomaties ’n reg daarop nie, dis maar net nog ’n bron waaruit ’n skikking gefinansier kan word.

* Nico van Gijsen CFP® is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com. Twiet: @Nicovangijsen

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
32% - 133 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
68% - 282 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
-0.4%
Rand - Pound
23.69
-0.3%
Rand - Euro
20.22
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
976.50
-0.1%
Palladium
1,026.50
-2.2%
Gold
2,376.63
-0.3%
Silver
28.45
-1.5%
Brent-ruolie
90.10
-0.4%
Top 40
68,349
0.0%
All Share
74,519
0.0%
Resource 10
63,879
0.0%
Industrial 25
100,148
0.0%
Financial 15
15,828
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE