Share

Moet jy jou rentekoers nou laat vaspen?

’n Vasgestelde rentekoers op verbandlenings en motorfinansiering is nie vir almal die beste manier om hulle teen stygende rentekoerse te verskans nie.

Noudat die prima uitleenkoers vir die tweede keer vanjaar verhoog is, tot 9,25%, vra al hoe meer verbruikers of ’n vasgestelde koers die aangewese ding is.

John Loos, huishoudelike en eiendomstrateeg van FNB Huislenings, sê die besluit hang van individuele omstandighede af.

“As jou maandelikse kontantvloei onder erge druk gaan kom weens die jongste verhoging én verwagte verdere verhogings, is dit beter om rentekoerse vas te pen,” sê hy.

Dit sal oor die tydperk waarvoor die koers vasgestel is – gewoonlik tussen 12 en 24 maande en soms oor 5 jaar – sekerheid gee oor kontantvloei.

Kliënte wat so iets oorweeg, moet egter in gedagte hou dat die koerse vasgestel word op tussen 0,75 en 2 persentasiepunte meer as die huidige uitleenkoers.

Die grootte van die lening, die verhouding tussen die leenbedrag en die waarde van die huis en die termyn het gewoonlik ’n invloed. Dit bring mee dat die uitstaande leningsbedrag met die ooreenstemmende bedrae verhoog word en daardeur word die uitstaande rentebedrag op die lening ook verhoog.

Mense wat ná die jongste verhoging nog finansieel kop bo water kan hou, kan beter daaraan toe wees indien hulle maandeliks ’n bykomende bedrag op hul huisverband of motorlening afbetaal.

Daardeur verskans jy jou teen verdere stygings omdat die kapitaalbedrag waarop rente bereken word minder sal wees as die uitleenkoers verder styg.

Op lang termyn is dit beter om so gou as moontlik te begin om kapitaal op die lening terug te betaal en sodoende die rente op die uitstaande bedrag te verlaag.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1094 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1169 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
+0.0%
Rand - Pound
23.98
-0.1%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.51
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
912.20
0.0%
Palladium
1,001.00
-0.4%
Gold
2,319.32
+0.2%
Silver
27.18
+0.1%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE