Share

Ons ‘produk’ so swak, ons kry dit nie verkoop

By vele geleenthede was ek gelukkig om skole te besoek, meestal om met skoliere te gesels.

Elke keer is ek deur ’n onderwyser, leerling, die skool of ouers – almal wat betrokke is om goeiegehalte-onderwys te bevorder – genooi om meestal leerlinge toe te spreek.

Elke keer was ek beïndruk deur die uitmuntendheid van ons onderwysers en die entoesiasme waarmee almal wat betrokke is, hul taak aanpak.

In die afgelope week het ’n herrie oor my kop losgebars. Maandag het Beeld my korrek aangehaal waar ek gesê het onderwysers is oorbetaal. Ek staan daarby, maar dis uiteraard nie op almal van toepassing nie.

Elke keer wanneer ek navorsing oor onderwys doen, besef ek dat dit seker die grootste vermorsing van geld in die land is en ongelukkig word ons goeie onderwysers oor dieselfde kam as die ander geskeer.

Die staat bestee elke jaar ongeveer R200 miljard aan onderwys (let wel, dit sluit tersiêre onderrig en die private sektor se onderwysbesteding uit). Onderwys is die enkele grootste uitgawe in die begroting van die minister van finansies – 22% van die totaal. Hoewel alles nie net oor geld gaan nie, is dit tog belangrik om die finansiële implikasies daarvan goed te verstaan.

Onderwys kos elke jaar byvoorbeeld soveel soos ’n nuwe Gautengse tolpad. Die rentekoste op R200 miljard is sowat R17 miljard per jaar. Net die rente is gelyk aan 70 Nkandlas elke jaar!

Onderwysbesteding is amper soveel soos die fiskale tekort en word geen onderwysbesteding vir ’n jaar gedoen nie, sal die staat se boeke (amper) balanseer, wat laer belasting, minder staatsontsparing, ’n kleiner tekort op die lopende rekening, ’n sterker ekonomie en ander voordele inhou.

Maar ons kan nie onderwys vir ’n jaar “stop” nie.

Suid-Afrika bestee 4,5% van die ekonomie aan staatsonderwys, meer as die meeste vergelykbare lande. Per kind bestee ons meer as $2 000 per jaar en Indië, Ghana en Tanzanië, byvoorbeeld, onderskeidelik sowat $240, $400 en $80.

Die heel meeste van die geld gaan natuurlik aan salarisse. Dit is so dat (sommige) onderwysers baie goed gekwalifiseerd is, maar ’n mens word nie vir kwalifikasies betaal nie, ’n mens word vir jou “produksie” betaal. Die gemiddelde onderwyssalaris is sowat R15 000 per maand, bykans dubbel die gemiddelde salaris in die land. Volgens Unesco kry die gemiddelde laerskoolonderwyser in Suid-Afrika omtrent $130 per dag, die vierde hoogste salaris ter wêreld. Geld is dus nie ’n probleem in die onderwys nie.

Ek het nie ’n probleem met hoeveel ons ons onderwysers betaal nie – belangriker is wat ons kry vir al die geld wat ons bestee.

Dis hier waar die vlieg in die salf is. Ten spyte van reuse-besteding vergelyk die gehalte en uitkoms van ons onderwys maar power met die meeste ander lande s’n. Byvoorbeeld, studies soos TIMSS en PIRLS vergelyk die prestasie van gr. 8- leerlinge in wetenskap en wiskunde in 45 lande. Suid-Afrika is die tweede swakste met wiskunde en die swakste met wetenskap (al gebruik ons gr. 9- leerlinge se resultate en die ander lande gr. 8-uitslae).

Om alles te kroon, “produseer” ons ’n swak “produk” wat ons nie kan “verkoop” nie. Sowat 50% van matrikulante en individue tot en met 24 sit sonder werk. Hou in gedagte dat minder as 40% van kinders hul skoolloopbaan in 12 jaar kan voltooi, nie 78% nie! En selfs al kry hulle werk, vaar ons werkers ook nie goed nie. In ’n studie van 47 lande is Suid-Afrika se produktiwiteit 33ste.

Dis natuurlik nie net swak en oorbetaalde onderwysers wat verantwoordelik is vir die toestand van ons onderwys nie. Die bestuur, ouers en ons politieke leiers moet ook pa staan.

Voordat ’n ton bakstene weer op my neerreën, stel ek voor dat ons die ongemaklike feite oor onderwys in die land in die oë kyk en besef dat ons met ’n baie groot probleem te doen het.

Almal het skuld daaraan, maar geld is nie die probleem nie.

Ons moet eenvoudig ’n beter stelsel instel en my voorstel sal wees om onderwys heeltemal in die hande van die private sektor te laat.

Intussen kan ons die goeie onderwysers gerus meer betaal, maar pos diegene wat nie hul werk doen nie.

* Dawie Roodt is die hoofekonoom van The Efficient Group; dawieroodt@efgroup.co.za.

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 922 votes
No! It's time to move on ...
33% - 447 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.47
+1.4%
Rand - Euro
20.11
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.2%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
962.50
-2.8%
Gold
2,337.08
+0.2%
Silver
27.28
-0.6%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE