Share

Regte onder beleg

Ek het in die afgelope week twee konferensies toegespreek wat, op die oog af, absoluut niks met mekaar te doen het nie.

Op die eerste is die aanval op persoonlike eiendomsreg deur die staat bespreek. Soos ek al voorheen in Libertyn geskryf het, is daar ’n verbete poging van die staat om persoonlike eiendomsreg te ondermyn.

Die tweede is gereël deur ’n instansie wat hom daarvoor beywer om mense te help wat fisiek, veral seksueel, en geestelik aangerand is. Sy “kliënte” is meestal vroue en kinders, maar ek was verbaas om uit te vind dat baie mans ook seksueel aangerand word; hulle is net meer geneig om dit nie aan te meld nie.

Nietemin, die versoek was dat ek oor die ekonomiese impak van veral huishoudelike geweld praat. Sulke data is uiteraard baie moeilik om te bekom of te raam. Die beste raming waarmee ek vorendag kon kom, is dat huishoudelike geweld die land tot 5% van die ekonomie kos.

Wat die werklike syfer is, weet niemand nie, maar ek is seker almal sal saamstem dat enige vorm van geweld ’n ekonomie ondermyn.

Wat my egter die meeste opgeval het, is dat die twee onderwerpe, eiendomsreg en die reg op menswaardigheid, in groot mate dieselfde ding is. Die ondermyning van eiendomsreg is soortgelyk aan seksuele aanranding!

Kom ek verduidelik.

Sowat 15 000 jaar gelede was ons maar ’n woeste lot. Ons was hoofsaaklik jagters en versamelaars, en individuele eiendomsreg en die meeste ander persoonlike regte was ondergeskik aan groepregte.

Die rede was eenvoudig dat ons nie persoonlike eiendom gehad het om van te praat nie. Die bietjie “eiendom” wat daar was, het die groep besit.

Maar met verloop van tyd het ’n paar ekonomiese deurbrake ons lot verander.

Eerstens het ons diere begin tem, en vir die eerste keer was daar iets wat aan iemand persoonlik behoort het.

Later het ons plante (veral graan) geplant en daarmee saam is eiendomsreg ook na grond uitgebrei.

Deur die hele proses is instellings en ander dinge tot stand gebring met die doel om eiendomsreg te beskerm: ’n weermag, howe, grondwette en uiteindelik demokrasieë.

Die ontwikkeling van eiendomsreg en die beskerming daarvan loop dus soos ’n goue draadjie deur ons geskiedenis.

Maar nog interessanter is dat die definisie van eiendomsreg oor die eeue al hoe wyer geword het. Vandag sluit eiendomsreg benewens fisieke goedere, ook niemateriële of intellektuele eiendom (kopiereg, patente), die reg om handel te dryf met jou eiendom, die reg om te kontrakteer en vele meer in.

Ek wil egter die definisie van eiendomsreg nog verder uitbrei deur ook die reg op jou lewe, die reg op waardigheid en selfbeskikking oor jou liggaam in te sluit. Indien iemand my lewe steel, is dit moord, en indien iemand my liggaam ontwaardig, is dit aanranding.

En ek dink nogal dat ons ontwikkeling in die moderne gemeenskap wat ons vandag is, hiermee akkoord gaan. Ons politieke ontwikkeling het die individu al hoe meer op die voorgrond geplaas, vanaf keisers, konings en tsaars tot die demokrasieë van vandag. Daarmee saam is die regte van individue beskerm in allerlei instellings soos grondwette en in handveste soos dié vir menseregte. Eiendomsregte – die breë definisie – en die beskerming daarvan is die kenmerk van ’n gesofistikeerde beskawing.

Hoe beter die beskerming van eiendomsreg, hoe beter presteer ’n ekonomie. Ryk lande is dié met ’n hoë geletterdheidskoers, lang lewensverwagtinge, min geweld en selfs groter geluk.

Ons ekonomie het in die eerste ses maande van vanjaar glad nie gegroei nie. In dié tempo kan ons ons gelukkig ag indien die ekonomie 1,5% vir die jaar haal. Een rede vir die swak vertoning is ’n gebrek aan vertroue in die ekonomie deur die rykdomskeppers (die private sektor). En ten spyte van die onvriendelike omgewing, beur ons politieke leiers steeds voort om eiendomsreg te ondermyn.

Pasop, dit is ’n baie klein tree van die ondermyning van eiendomsreg na die ondermyning van ander (mense)regte.

Dawie Roodt is die hoofekonoom van Efficient Group. E-pos dawieroodt@efgroup.co.za

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Are you among the many South Africans who've added more tinned fish to their grocery baskets?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, pilchards is the new chicken
41% - 518 votes
No, I can't stand canned foods
59% - 733 votes
Vote
Rand - Dollar
18.58
-0.3%
Rand - Pound
23.21
-0.2%
Rand - Euro
19.96
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
985.90
+0.7%
Palladium
954.76
-2.0%
Gold
2,312.05
-0.1%
Silver
27.35
+0.4%
Brent Crude
83.16
-0.2%
Top 40
70,939
+0.2%
All Share
77,177
+0.3%
Resource 10
60,903
-0.2%
Industrial 25
107,610
+0.4%
Financial 15
16,775
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE