Share

Roekelose lenings het wyd voorgekom

African Bank het roekelose lenings by 25 takke landwyd toegestaan en nie net die een waaroor wyd berig is nie.

Nomsa Motshegare, uitvoerende hoof van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR), het Vrydag dié inligting aan die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid bekend gemaak.

Dit het ook bekend geword dat die NKR ’n afsonderlike ondersoek oor bekostigbaarheidstoetse by African Bank uitgevoer het. 

Motshegare sê die ondersoek teen African Bank oor roekelose lenings het in 2012 begin nadat die NKR ’n aantal klagtes van verbruikers ontvang het. “Uit ons ondersoek is ’n steekproef van lenings doen en onder hulle is 669 gevind wat roekeloos toegestaan is.”

Die meeste van dié lenings is in die Dundee-tak in KwaZulu-Natal toegestaan. Tot dusver het beriggewing daarop gefokus. Maar 48 lenings het van 25 ander takke gekom. “Ek beklemtoon dit omdat daar praatjies was dat ons net na Dundee gekyk het.”

Vrae van Dean Macpherson, ’n DA-komiteelid van die portefeuljekomitee, oor hoe bekostigbaarheidstoetse ondersoek is, is nie beantwoord nie.

Lesiba Mashapa, die maatskappysekretaris van die NKR, sê einde volgende week sal ’n verslag oor die ondersoek uitgereik word. Hy sê weens die sensitiwiteit oor African Bank tans kan die inligting nie nou bekend gemaak word nie, maar hy kon nie sê wat nou juis volgende week anders sal wees nie.

Die NKR het die afgelope twee weke sedert die ineenstorting van African Bank deurgeloop onder kritiek dat hy nie genoeg gedoen het om roekelose kredietverskaffing daar te bekamp nie. 
Mashapa sê “ons het alles gedoen wat ons kon”.

Motshegare sê soos die wet vereis, het die NKR nadat die roekelose lenings gevind is, met die Reserwebank gekonsulteer. “Ons het met die registrateur van banke gesit en hom ingelig oor die uitslag van die ondersoek.” 

African Bank het ingestem dat die lenings roekeloos was, maar het aangevoer dat sy lenings-makelaarstelsel gemanipuleer is deur agente tesame met die verbruikers. “Ons het nie dié verduideliking aanvaar nie en besluit om dit na die Verbruikerstribunaal te verwys,” het sy gesê.

Volgens haar het die NKR onderhandel om ’n toestemmingsbevel van African Bank te kry, maar die bank wou nie instem nie. “Toe het ons die saak verwys en die Reserwebank daaroor ingelig.” Motshegare sê daarna het African Bank die NKR genader om ’n skikkingsooreenkoms. Dit het gelei tot die R20 miljoen-boete, al was die NKR se aanvanklike aanbeveling sowat R300 miljoen.

Volgens haar is by dié bedrag uitgekom omdat ook gekyk is na goed soos die samewerking wat die bank gegee het in die ondersoek en dat dit ’n eerste oortreding was. Daar is ook in ag geneem dat dit African Bank geld kos om al die vonnisse wat gekry is teen die verbruikers terug te trek; hul name van die kredietburo’s te verwyder en die lenings af te skryf.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 424 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 900 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE