Share

SA entrepreneur se biltong kry gourmet-status in VSA

Dis so Suid-Afrikaans soos koedoehorings en doringbome – maar vir die Amerikaners is dit ’n gourmet-peuselhappie vir gesondheidsbewustes.

En as die Suid-Afrikaans-gebore Stephen Kerford van Bernal Heights in San Fransisco sy droom kan bewaarheid, sal die ganse Amerika een van die dae hul vleistande in biltong slaan.

“Ek wil biltong in Amerika se slaaie, rugsakke, kosblikke, snoepwinkels en gimsakke kry,” sê Kerford, wat in Kaapstad gebore is, sy tienerjare in Kanada deurgebring het en toe weer as jong man vir ’n paar jaar in Johannesburg gewoon het.

Hierna het hy eers in Brittanje in die bemarkingswêreld gewerk en hom later in Amerika gevestig, waar hy vandag sy aandag toespits op sy onderneming, Cut & Dried Gourmet Biltong.

“Ek het oor die jare vele Britte en Amerikaners na Suid-Afrika gebring en dit het my opgeval hoe mal hulle oor ons biltong is.”

Intussen het hy in Kalifornië suksesvolle aanlyn ondernemings vir premie-biefverskaffers soos Niman Ranch en Hearst Ranch (van die bekende Hearst-mediaryk) gevestig en toegang tot van die beste beesvleis ter wêreld gehad.

“Ek het dit gebruik in ’n tradisionele biltongresep en die Amerikaners was gek hierna – mits hulle oor hul vrees kon kom dat ek hulle dalk beef jerky, hul ekwivalent van biltong, wil laat eet.”

Beef jerky is so taai soos skoensole, word van goedkoop, gaar vleis gemaak en toegegooi onder suiker en sous. Dit moet volgens Kerford nie in dieselfde asem as biltong genoem te word nie. “Dis soos om Tassies met Meerlust te vergelyk.”

Kerford bemark sy biltong as ’n etiese produk sonder bymiddels en ’n bron van suiwer proteïene.

Hy sê die Amerikaners se oë rek as hulle dit proe, en die reaksie is gewoonlik: “Maar dit proe dan soos vleis, murgsagte vleis, net gedroog!”

Kerford se biltong word teen $7,99 (sowat R85) vir ’n pakkie van 56 g verkoop en hy is nie bang dat dit te duur is nie.

“Amerikaners is avontuurlustig, welvarend en altyd op soek na ’n nuwe smaaksensasie. Dit help ook dat Suid-Afrikaanse produkte nou hoogmode in die VSA is – dankie, Madiba!”

Omdat dit so onbekend in Amerika is, hou Kerford heelwat biltongproe-sessies. Dit kos geld, en hy het ’n veldtog begin op die aanlyn finansieringsplatform Kickstarter.com. ’n Entrepreneur kry vir ’n beperkte tyd ’n kans om sy produk op die platform te bemark, en hy stel ook ’n finansieringsdoelwit.

Dis ’n alles-of-niks-benadering en in Kerford se geval moet hy voor Woensdag $12 500 bymekaar kry. Mense wat wil belê, kan tussen $1 en $250 beloof (“pledge”). As jy $1 skenk, het jy sy “nimmereindigende dankbaarheid” maar indien jy sê $50 gee, kry jy ook drie pakkies biltong.

Te oordeel aan ’n biltongresensie in Bernal Heights se gemeenskapskoerant gaan Kerford binnekort sy hande vol hê om ‘boere-soesji’ aan Amerikaanse smulpape te verskaf: “Die goeie nuus is Steve se biltong is heerlik! Die slegte nuus is dat ons personeel die hele pak opgeëet het voordat ek ’n foto kon neem vir die koerant.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 459 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 873 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.3%
Rand - Pound
23.68
-0.3%
Rand - Euro
20.23
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.20
+0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
975.00
-0.1%
Palladium
1,024.50
+0.2%
Gold
2,392.20
+0.4%
Silver
28.32
-1.9%
Brent-ruolie
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.2%
All Share
73,000
-2.1%
Resource 10
61,638
-3.6%
Industrial 25
98,321
-1.9%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE