Share

SA se Rooivalk ‘beslis nie ’n wit olifant’

Die Rooivalk, wat kritici eens beskou het as ’n wit olifant van Denel, kan nog die ridder op die wit perd vir die staatsbeheerde wapenvervaardiger word.

Met die welslae waarmee die Rooivalk-aanvalshelikopter onlangs in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) aangewend is, is die belangstelling van wapentuigaankopers opnuut aangewakker.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het vroeër volgens Sapa gesê die regering sal Denel vra om meer Rooivalke te bou om in die hernieude vraag te voorsien.

’n Woordvoerder van Denel het by navraag gesê Denel nog nie amptelik gesprekke gevoer met die minister of die Suid-Afrikaanse Lugmag hieroor nie en wag op verdere opdragte van hulle.

Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, sê hoewel die Rooivalk-produksielyn by Denel Aviation gesluit is, kan dit met nuwe investering weer in bedryf gebring word.

Net 12 Rooivalke is gebou en almal is deur die lugmag gekoop.

Heitman meen die lugmag behoort die eerste nuwe klant van Denel te wees, want as ’n blote minimum behoort die lugmag eintlik 24 Rooivalke te hê.

Om dit vir Denel die moeite werdte maak om die produksielyn weer aan die gang te kry, sal minstens tussen 40 en 60 Rooivalke bestel moet word, sê hy.

Heitman glo die Rooivalk se elektronika sal opgegradeer moet word. Die helikopter is in die laat 1980’s ontwerp, maar is volgens hom van die maklikste helikopters om op te gradeer. Dit funksioneer uitstekend in warm weer en hoogliggende gebiede, wat dit ideaal maak vir ander Afrika-weermagte.

Hy meen daar is so drie of vier Afrika-lugmagte wat die Rooivalk nuttig sal vind.

Elkeen sal ’n klein aantal hoef te koop vir ’n volhoubare vloot helikopters omdat hulle naby Suid-Afrika as dienssentrum is. Buitelandse weermagte, wat verder weg is, sal meer moet aanskaf om ’n plaaslike dienspunt te regverdig en ’n volhoubare mag op te bou.

Heitman glo Denel is in ’n beter finansiële posisie as voorheen om weer Rooivalk-produksie op dreef te kry as daar genoeg bestellings is. Heelparty van sy filiale is nou weer winsgewend.

Dit sal ’n gawe projek wees om jong mense weer na die lugvaartingenieurswese te lok.

Denel maak sedert 2011 weer ’n wins. Hy het in 2013 ’n netto wins van R71 miljoen behaal teenoor die verlies van meer as R500 miljoen in 2009, luidens die 2013-jaarverslag. Denel Aviation se verdienste voor rente en belasting was in 2013 R39 miljoen teenoor die vorige jaar se R37 miljoen.

Heitman stem nie saam met die kritiek dat die Rooivalk ooit ’n wit olifant was nie. Daar was baie ander positiewe byvoordele uit die projek. Die suksesvolle lugvaartmaatskappy Aerosud in Centurion is byvoorbeeld deur vier mense gestig wat voorheen by die Rooivalk-program betrokke was, en hulle sou nooit Aerosud kon begin het sonder daardie ervaring nie.

Vandag het Aerosud 800 werknemers met ’n omset van R500 miljoen per jaar.

Hy meen ’n knelpunt kan die eksklusiewe regte wees wat die Franse helikoptergroep Eurocopter op die ratkastegnologie het wat in die Rooivalk gebruik is.

Maar Eurocopter behoort nou aan Airbus, wat graag sy produkte aan die weermag wil verkoop, so daar behoort ’n manier te wees om Eurocopter te oorreed om ’n herleefde Rooivalk-projek te steun.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE