Share

Skuld: NKR kry ’n ‘alarmstelsel’

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) gaan van nou af maandeliks inligting oor slegte skuld by kredietverskaffers insamel in die lig van die gebeure by African Bank. 

Dit sal soos ’n “vroeë waarskuwingstelsel” wees, het Nomsa Motshegare, uitvoerende hoof van die NKR, Vrydag aan die lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid gesê. Dié inligting sal net vir nie-banke bedoel wees omdat die Reserwebank reeds sulke inligting vir banke insamel. 

Die departement van handel en nywerheid en die NKR het Vrydag op kort kennisgewing vir die eerste keer in die parlement terugvoer gegee oor die ineenstorting van African Bank. 
Die NKR moes vrae beantwoord oor wat hy gedoen het om roekelose kredietverlening by African Bank te bekamp. 

Motshegare sê die vroeë-waarskuwingstelsel gaan saam met die Wêreldbank ontwikkel word. 
“Ons het tot dusver kwartaalliks statistieke van kredietverskaffers gekry en sal nou maandeliks verslae kry. Dit is sodat ons onvoorsiene marktendense al vroeg kan raaksien.” 

Motshegare sê die inligting wat onder meer kleinhandelaars wat krediet verskaf nou moet gee, sluit in hul voorsiening vir slegte skuld en afskrywings. 

Dit is nuwe inligting wat nie voorheen deur die NKR aangevra is nie. 

“Dit sal help, want as ons groot voorsiening vir slegte skuld begin sien, weet ons húlle begin iets sien wat ons nog nie sien nie.” 

Sy sê die probleem met die inligting wat die NRK kwartaalliks insamel, is dat dit eers 45 dae ná die einde van ’n kwartaal ontvang word en dan neem dit nog ’n maand om dit te ontleed en te publiseer. 

Die verbruikerskredietverslag vir die tweede kwartaal tot einde Junie word eers in September uitgereik. 

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het erken dat daar swakplekke in die Nasionale Kredietwet was wat die bekamping van roekelose kredietverskaffing en ander euwels bemoeilik het. 

Zodwa Ntuli, adjunk-direkteur-generaal van verbruiker- en maatskappywetgewing van die departement, sê talle probleme met die kredietwet wat aan die lig gekom het, is onlangs in wysigings reggestel. 

Dit het ingesluit om die NKR die mag te gee om ondersoek na roekelose lenings te doen. Voorheen moes sulke sake deur die gewone howe gaan.

“Die NKR kon nie enigiemand oor roekelose lenings verhoor nie?.?.?. Wetgewing gee die NKR nou magte om reaktief en pro-aktief aantygings van roekelose lenings te ondersoek. 

“Die Verbruikerstribunaal mag ook nou uitsprake gee oor roekelose lenings.” 

Davies het gewaarsku dat die NKR teen kredietverskaffers wat by onbillike en roekelose kredietverskaffing betrokke is, sal optree. 

“Dit is die punt van die wetgewing en ons sal sonder partydigheid optree, of dit teen ’n bank of ’n winkel is.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 908 votes
No! It's time to move on ...
33% - 440 votes
Vote
Rand - Dollar
18.79
+1.2%
Rand - Pound
23.45
+1.5%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.0%
Platinum
921.50
-0.4%
Palladium
963.00
-2.8%
Gold
2,336.64
+0.2%
Silver
27.34
-0.4%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,556
+1.6%
All Share
75,552
+1.6%
Resource 10
62,555
+0.7%
Industrial 25
104,333
+1.8%
Financial 15
16,164
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE