Share

Top-direkteure skep room

Sedert Januarie het die direkteure van party van die land se grootste maatskappy miljoene uit aandeleverhandeling gemaak.

Die grootste transaksie was dié van Unipalm Investment Holdings ter waarde van meer as ’n halfmiljard rand. Unipalm het verlede maand 30,8 miljoen aandele in Growthpoint Properties, die grootste eiendomsgroep op die JSE volgens markkapitalisasie, vir byna R663 miljoen verkoop.

Unipalm, wat onder aanvoering staan van Ragavan Moonsamy, direkteur by Growthpoint, en met die bekende sakevrou Basetsana Kumalo aan boord, is deel van ’n konsortium van drie wat in 2005 ’n regstreekse belang van 14,2% of 100 miljoen aandele in die eiendomsmaatskappy gekoop het.

Dit is volledig gefinansier deur ’n bank en tussenvlakfinansiering wat deur Growthpoint voorsien is, en die lede van die konsortium het elk 33,33 miljoen aandele besit.

Estienne de Klerk, ’n uitvoerende direkteur by Growthpoint, sê die Unipalm-verkope het plaasgevind nadat die maatskappy sy aandeelhouding verminder het en sy aandele verkoop het aan hul medelid Mzolisi Diliza se Miganu Investment – die derde grootste direkteursverhandeling teen April – en Growthpoint Managers, wat die eiendomsmaatskappy se portefeulje bestuur. Unipalm het nou 2,5 miljoen aandele oor.

“Hulle (Unipalm) het teen sowat R9 per aandeel gekoop en teen R21,50 verkoop,” sê De Klerk.

Die kontant behoort salf te smeer aan die wonde wat opgedoen is met die verkryging van ’n deel van die onlangs gelikwideerde Pinnacle Point Group, ’n ontwikkelaar van luukse landgoedere en hotelle.

Tekstielwerkers het miljoene se pensioengeld wat deur die Trilinear Empowerment Trust belê is met die groep se skouspelagtige ineenstorting verloor, en ’n kommissie van ondersoek is ingestel om sy sake te ondersoek.

Christo Wiese van Shoprite

Tweede op die lys is Christo Wiese, voorsitter van Shoprite. Hy het in Februarie 15 718 enkelaandeeltermynkontrakte (EAT/SSF) gelykstaande met 1,5 miljoen Shoprite-aandele vir die gawe bedrag van byna R215,6 miljoen verkoop. Op dieselfde dag het Whitey Basson, Shoprite-hoof, R30,4 miljoen se aandele gekoop en so die tiende plek op die lys van top-direkteurstransaksies vanjaar ingeneem.

Die volgende dag het Wiese nog 2 500 kontrakte vir R34,3 miljoen verkoop. Saam met twee ander transaksies wat buite die top-tien val, maak dit Shoprite een van die maatskappye waar die meeste direkteursverhandelings teen April plaasgevind het. Hy is net geklop deur Ascension Properties en Capitec Bank, gesamentlik in die sewende plek.

’n Woordvoerder van Wiese sê hy wou bloot die aandele na ’n ander portefeulje verskuif, maar EAT-reëls verhinder dat hy die aandele net van een portefeulje na ’n ander kon skuif, sodat hy by een moes verkoop en weer by ’n ander moes koop.

Shoprite se verklaring van direkteursverhandeling wys dat Wiese later meer as 1,9 miljoen aandele in twee transaksies van R263,4 miljoen gekoop het.

Brian Joffe van Bidvest

Brian Joffe, hoof van Bidvest, wat onlangs ’n taai stryd teen die Chileense farmaseutikagroep CFR om beheer van Adcock Ingram, die tweede grootste farmaseutikaprodusent op die JSE, agter die rug het, is vierde op die lys. Hy het 500 000 Bidvest-aandele vir R138,5 miljoen verkoop ter wille van die “diversifisering van sy beleggingsportefeulje”. Maar die kontant het nog nie elders na vore gekom nie, minstens nie in die openbaar nie.

Bidvest het nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Shaun Rai van Ascension Properties

Shaun Rai van die eiendomsgroep Ascension Properties (in swart besit), beklee sowel die vyfde as sesde plek. Twee trusts waarby hy betrokke is, het twee afsonderlike private transaksies aangegaan om saam 82,0 miljoen aandele vir ’n totaal van R219,9 miljoen te verkoop.

Ascension het nie op die transaksies kommentaar gelewer nie, maar die maatskappy was in Februarie in die nuus weens beweerde onreëlmatige optrede teenoor twee ander rolspelers in die bedryf, Sisa Ngebulana se Rebosis en Sandile Nomvete se Delta Property Fund, deur die firma aan albei te verkoop.

Eiendomsontleders het aangedring om te weet wat aangaan, uit vrees dat Ascension se lonende eiendomsportefeulje, wat grootliks uit staatskantoorgeboue bestaan, aan ’n lang toutrekkery blootgestel sou word.

Later daardie maand het al drie die onsekerheid in ’n gesamentlike verklaring uitgestryk waarin genoem is dat hulle ’n drieledige samesmelting ondersoek om die grootste genoteerde SEB-eiendomsfonds te vorm, met bates ter waarde van sowat R16,5 miljard en ’n markkapitalisasie van meer as R9,5 miljard.

Louis Norval, nie-uitvoerende direkteur by die eienaar van winkelkomplekse, Hyprop, (deur ’n verwante maatskappy), en Arnold Goldstone, uitvoerende hoof van die batebestuurder Invicta, voltooi die groep van tien met aandeelverkope van onderskeidelik R77,5 miljoen en R36,3 miljoen.

Gerald Seegers, personeeldiensdirekteur vir Suider-Afrika by PwC, sê die transaksies sal die deurlopende debat oor bestuursvergoeding negatief raak, hoewel daar onderskeid getref moet word tussen aandele wat as deel van prestasie-aansporing toegeken word en aandele wat as ’n aandeelhouer gekoop word.

“Uit die lys (van top-tien) blyk dit dat alles waarskynlik toe te skryf is aan die verkoop van aandele wat jare gelede verkry is, hetsy as stigter van die maatskappy of weens die sluiting van ’n bemagtigingskema,” sê hy. “Dis onwaarskynlik dat hierdie aandele as deel van hul dienskontrakte toegeken is.

“As enige van hierdie uitbetalings as gevolg sou wees van aandele wat as deel van ’n bestuursaansporingskema toegeken is, sou daar sekerlik sterk beswaar gewees het en sou daar rede gewees het vir ’n gesprek oor buitensporige vergoeding.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 777 votes
No! It's time to move on ...
33% - 391 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.77
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.8%
Platinum
926.50
+0.1%
Palladium
986.00
-0.5%
Gold
2,347.68
+0.7%
Silver
27.67
+0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,080
+0.9%
All Share
75,020
+0.9%
Resource 10
62,965
+1.4%
Industrial 25
103,671
+1.1%
Financial 15
15,843
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE