Share

Unieke name van SA kry vir die eerste keer beskerming

Skaapboere van die Karoo is verheug dat die woord “Karoolam” in Europa beskerming gekry het. 

Karoolam is een van die 105 Suid-Afrikaanse oorsprongname wat in ’n ooreenkoms met die Europese Unie (EU) beskerming gaan kry.

“Rooibos”, “heuningbos” en talle wyn met oorsprongname, soos “Stellenbosch” en “Robertson”, is ook op die lys.

Die ooreenkoms oor die name van produkte wat van spesifieke gebiede kom, is deel van die ekonomiese-vennootskapsooreenkoms wat met lande in Suider-Afrika beding is. 

Europa het 251 oorsprongname op die lys.

JB Cronjé, ’n handelskenner van Tralac, sê dit is die eerste keer dat Suid-Afrikaanse oorsprongname beskerming kry in ’n internasionale ooreenkoms.

Xavier Carim, die departement van handel en nywerheid se adjunk-direkteur-generaal vir internasionale handel, sê nadat Suid-Afrika ingewillig het om beskerming aan Europese name te gee, het die moeilike onderhandelinge van langer as ’n dekade uiteindelik vaart gekry. 

Prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria wat die afgelope jare nou betrokke was in die stryd om Karoo-lam beskerm te kry, sê rooibos en heuningbos sal onmiddellik die meeste voordeel trek. 

Op die oomblik gaan die beskerming nie veel vir Karoolam beteken nie omdat daar nog ’n verbod op die uitvoer van alle vleis van Suid-Afrika na die EU is, sê hy. 

Kirsten sê navorsing in Suid-Afrika toon daar is ekonomiese voordele wat verkry word as oorsprongname beskerm word.

Die navorsing het gelei tot ’n wetlike proses in Suid-Afrika om beskerming aan die name te gee en uiteindelik die internasionale ooreenkoms.

Dit sal voorkom dat iemand probeer om rooibos en heuningbos as handelsname in Europa te registreer. Carim sê in die onderhandelinge is die waarde van die handelsname besef en dat ’n premie daarop betaal word. 

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, sê die meeste van die Europese produkte op die lys is nie van kommersiële belang vir die Suid-Afrikaanse mark nie. Dit sluit alkoholiese produkte asook gespesialiseerde voedselprodukte soos kaas en vleissoorte in. “Maar dit is ’n groot toegewing in beginsel van ons af.”

Bestaande vervaardigers sal name soos feta (wat oorspronklik van Griekeland kom) kan gebruik, maar daar sal sekere beperkinge op die gebruik van die naam deur nuwe toetreders wees, sê Davies.

Arend Redelinghuys, bemarkingsbestuurder van Rooibos Beperk, sê in die verlede het dit die bedryf baie gekos om sake te beveg as maatskappye die handelsnaam oorsee wou registreer. “Ons is baie verlig en bly dis nou finaal afgehandel en daar is nou ’n geografiese aanwyser in die EU geregistreer.”

Onlangs nog wou ’n maatskappy in Frankryk “rooibos” as ’n handelsnaam registreer. Redelinghuys meen die beskerming sal die uniekheid van die produk beklemtoon.

Dr. Tobias Gress van die teevervaardiger Khoisan Tea sê die vraag is plaaslik en internasionaal besig om die aanbod te oorskry. Hy meen as die vraag verder toeneem en Suid-Afrika nie genoeg kan produseer nie, sal pryse soveel toeneem dat dit voordeliger sal raak om rooibos in ander lande te produseer. Dit is dan dat die beskerming van die naam veral voordelig sal wees.

Abe Louw, eienaar van die plaas Stofkraal naby Carnarvon in die Karoo en ’n stigterlid van die vleis-van-oorsprongstelsel vir Karooskaapvleis, sê hulle is baie bly oor die beskerming wat die naam nou kry. 

Die beskerming beteken Karoolam hoef nie met ander skaapvleis mee te ding nie en kan as uniek bemark word. “Minstens het ons beskerming sodat ons vleis uit die kommoditeitstroom van lamsvleis kom, maar ons sal steeds die mark moet gaan skep en bewusmaking bevorder.”

Louw sê die rand tel ook nou in hul guns. “Ons kon in die verlede nie met prys met Australië en Nieu-Seeland meeding nie, maar met die swakker wisselkoers en die feit dat ons die produk van oorsprong kan beskerm, kan dit geleenthede skep.”


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 464 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE