Share

Waar ’n wil is, is ’n weg

Om binne ’n jaar jou personeelgetal te verdubbel, wil gedoen wees. Wat Theresa Cupido se prestasie so merkwaardig maak, is dat sy ATN Group gestig het sonder enige vorige ervaring in die padbou- of konstruksiebedryf. Sy is pas as Werkskepper van die Jaar vereer in Business Partners en Sanlam se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, berig Francois Williams.


W
aar het jou belangstelling in die sakewêreld begin?

My ma het ’n winkel uit haar huis bedryf en haar broers en susters was betrokke by die ingenieurs- en konstruksiebedryf.

Ek is van kleins af betrek by my ma se onderneming. Ons moes elke oggend vroeg opstaan en elke aand help met boeke afsluit en aankope. Ek het van jongs af daarvan gedroom om ’n sakepersoon en die eienaar van ’n onderneming te wees.


Hoe het dit spesifiek uitgeloop op die stigting van ATN?

Ek het in 2005 na ’n radioprogram geluister waarin hulle gepraat het oor die groot tekort aan swart vroue-entrepreneurs. Ek het besluit ek wil so iemand wees.

In daardie stadium het my man by die Padongelukfonds gewerk en ek het hom gehelp om verslae te skryf terwyl ek bedags as aankoper vir ’n groot kleinhandelaar gewerk het.

Die skryf van die verslae het my geïnteresseerd gemaak in die padmerk- en siviele-ingenieursbedryf, want van die oorsake van ongelukke was padmerke wat nie duidelik sigbaar was nie.

Dit het die kreatiwiteit in my losgemaak en ek het besluit om my onderneming te begin. Ons het sedertdien ’n aantal projekte vir Kaapstad, die departement van vervoer en verskeie ander munisipaliteite en siviele-ingenieursmaatskappye gedoen.

In 2007 is ATN deur een van die top-siviele-ingenieursmaatskappye gekies vir ’n program van ondernemingsontwikkeling.

In 2010 het ons gediversifiseer na roetine-padonderhoud, konstruksie, erosiebeskerming, die sny van gras langs die paaie en ander sulke padwerk-dienste.


Wat was die uitdaging om as vrou in so ’n mansoorheersde wêreld soos die siviele-ingenieursbedryf te werk?

Dis ’n moeilike bedryf om by in te kom en ek moes myself bewys. Maar ek het myself voorberei, het die nodige navorsing gedoen en was vol selfvertroue. Mans hou daarvan om vroue te hoor sin praat!

Ek het ook heelparty seminare bygewoon en betrokke geraak by die Suid-Afrikaanse Forum vir Siviele-ingenieurkontrakteurs.


Wat was die groot struikelblokke op die pad na sukses?

Eerstens was dit om vaardige personeellede te kry wat jou kan help floreer.

Dan was dit moeilik om aanvanklik werk te kry.

Ons moes ons pryse verlaag, maar steeds ’n wins maak, so ons het lae winsmarges gehad en steeds werk van goeie gehalte gelewer.


Wat is jou advies vir aspirant-entrepreneurs?

* Doen deeglike navorsing en vergewis jou van die bedryf waarin jy jou wil begewe.

* Pas die beginsels van beste praktyk toe.

* Beplan strategies vir die kort termyn (6 tot 12 maande) asook die medium- tot lang termyn (3 tot 5 jaar).

* Belê in professionele mense in die bedryf.

* Werk doelbewus aan ’n ontwikkelingsplan om jou onderneming te laat groei. Baie kleinsake-ondernemings bly klein, want hulle beplan bloot nie om te groei nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 844 votes
No! It's time to move on ...
33% - 416 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.8%
Rand - Pound
23.61
+0.8%
Rand - Euro
20.23
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+1.5%
Platinum
924.20
-0.1%
Palladium
974.50
-1.6%
Gold
2,344.40
+0.5%
Silver
27.53
+0.4%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,144
+1.0%
All Share
75,101
+1.0%
Resource 10
62,776
+1.1%
Industrial 25
103,511
+1.0%
Financial 15
15,986
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE