Kollegas kan jou lewe op baie maniere hel maak en hoewel daar sekere klein irritasies is waarmee jy moet leer saamleef, is daar verskeie ander soorte optrede wat eintlik op misbruik neerkom.
Volgens die Wet op Gelyke Indiensneming is jou werkgewer verplig om jou teen teistering en ’n geboelie te beskerm. Omdat albei gereeld in die werkplek voorkom, word hulle dikwels verwar.
Boelie is ’n magspel en die oortreder is gewoonlik ’n bestuurder met ’n lae vlak van emosionele intelligensievlak. Hulle wil dikwels elke situasie en almal om hulle beheer.
Lees hier hoe jy boelie kan herken en wat jou te doen staan: 'n Baas wat gil en gluur moet vasgevat word
* Op 1 Oktober smelt die webwerf van Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport saam op Netwerk24. Kry voortaan al jou Sake- en ander nuus op dié webwerf, sewe dae per week.