Share

’n Leeftyd saam met Naspers

1. Is daar ’n toekoms vir Afrikaans as saketaal?

Naspers se eerste vergadering in 1914 was in Nederlands. Afrikaans is eers in 1925 as amptelike taal erken, en dit was sedertdien die direksietaal.

Maar ons het so ’n internasionale maatskappy geword, met Chinese en Brasiliane as kollegas, dat ons Engels as internasionale saketaal aangeneem het.

Ons bedrywighede in Suid-Afrika is egter steeds die grootste voorsiener van Afrikaanse leesstof. Afrikaanse ondernemings moet besluit om hul taal te handhaaf.

2. Hoe sou Suid-Afrika gelyk het as Naspers nie sedert die 1970’s en 1980’s polities aangepas het nie?

Dit sou die doodskoot gewees het. Met Die Beeld van 1965 af en die dagblad Beeld van 1974 af het Naspers-koerante help keer dat die verkramptes die land lei. Die ANC sou die land onregeerbaar gemaak het as die verkramptes gewen het.

3. Wat was van die moeilike tye en hoogtepunte in jou loopbaan?

In 1984 as besturende direkteur het ek by PW Botha gedreig om Volksblad toe te maak as hulle die SAUK se advertensietyd verder uitbrei. Dis toe ons betaaltelevisie wou begin.

’n Hoogtepunt was om in 1983 al vier Perskor se dagblaaie te kon oorneem.

’n Ander groot besluit was om in 1994 net voor die verkiesing R250 miljoen in ’n nuwe tydskrifdrukkery te belê terwyl mense elders blikkieskos opgaar. Dit het ons ’n mededingende voordeel gegee.

4. Koos Bekker (vorige uitvoerende hoof van Naspers) is onlangs aangehaal dat hy gesê het hy gee papiergedrukte koerante nog net so 10 of 20 jaar. Wat sê jy?

Die kern is inhoud. Die toekoms lê in die verpakking van goeie inhoud op alle platforms. Maar daar sal altyd mense wees wat die papier wil voel, wat die reuk van die koerant in die oggend soek, wat nie ’n boek op ’n Kindle wil lees nie, en ons moet in staat bly om dit aan hulle te lewer.

5. Is Naspers nie te veel blootgestel aan ’n enkele maatskappy en land in die vorm van die 34%-belang in Tencent nie?

Tencent tree gedurig tot nuwe markte toe. Net 30% van die 1,5 miljard mense in China het nog internettoegang, so die blou lug bokant Tencent is geweldig groot en daar is ongelooflike groeipotensiaal.

6. Hoe het jy Bekker ontmoet?

Hy was deel van ’n verligte groepie studente wat my kom sien het in die tyd toe ek by Beeld was. Later het hy uit Amerika die voorstel oor betaaltelevisie gedoen, en ek het gehou van wat hy aanbied.

Die belangrikste werk van ’n besturende direkteur is om sy opvolger aan te wys, en teen 1997 het ek geweet Koos is die aangewese persoon.

7. Gaan jy nou ’n boek skryf?

Ek oorweeg dit om iets te skryf oor die geskiedenis van Naspers se omvorming en hoe ek dit ervaar het. En die volle verhaal van die Afrikaanse koerante is nog nie geskryf nie. Ek het 40 dagboeke vol dokumente en papiere. Solank dit ’n leesbare storie is.

* Sake is 'n produk van Media24, 'n Naspers-filiaal.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 492 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE