Share

Olimpiese skadu's

Oukei, ons almal weet Olimpiese medaljes word nie in Mei gewen nie.

Maar die vet weet, met skaars twee maande voor die Olimpiese Spele in Londen sou ’n mens darem wraggies verwag dat Suid-Afrika se Spele-kandidate nou so stadigaan net ’n teken sal begin gee dat hulle besig is om warm te raak vir die Spele.

Helaas, Vrydagaand in verre Ostrava in die Tsjeggiese Republiek was meer as twee handevol van onse mense by die Golden Spike-byeenkoms nou rêrig niks meer nie as skadu’s en stille handklappers vir die planeet se supersterre.

Die breker Usain Bolt het sy Europese opmars na nóg ’n Olimpiese super-driekuns weliswaar óók beskeie begin. Hy het vrot weggespring en sonder enige rêrige teenstand uit die tradisionele Land van die Blitse, Amerika, in 10.04 gewen.

Hy was agterna duidelik de josie in vir homself, want hy is nie daaraan gewoond om nié ’n 100 in onder 10?sekondes af te lê nie.

Maar ... daai 10.04 is stééds vinniger as die 10.06 waarmee ons eie Simon Magakwe nou anderdag hier by die huis Johan Rossouw se vergeelde SA rekord geëwenaar het.

Magakwe het in Ostrava sy eerste werklike kans gekry om in internasionale geselskap sy aansienlike spiere te bult. En toe ... toe gaan spring hy hopeloos te vinnig weg en kry ’n rooi kaart van diskwalifikasie.

Later die aand het hy wraak-kans saam met drie van sy landgenote in die 4x100-aflos gekry.

Net om nooit eens die stokkie te kry nie, want tussen oorgee nommer 2 en 3 het die Suid-Afrikaners mekaar misverstaan en het nommer 3 vir nommer 2 weggehol voordat hy die stokkie kon kry.

Op papier klink Caster Semenya se tweede plek in die 800 sweerlik g’n so sleg nie ... maar sy het takties na ’n skoolmeisie sonder internasionale ondervinding gelyk. Sy het in die laaste ronde van amper heel agter af ingehaal, maar haar grootste Londen-teenstander – die Keniaanse Olimpiese kampioen Pamela Jelimo – het haar met seker goed 15 meter weggehol om in 1:58.49 te wen.

’n Mens het in die 400 vir mans tevergeefs gewag vir ’n soortgelyke eindpoging deur Oscar Pistorius. Sý Europese safari het in ’n agtste en laaste plek in ’n verswygbare 47.66 geëindig – meer as 2 sekondes stadiger as sy uiters belowende 45.20 vroeër vanjaar by die huis.

Die Amerikaanse opkikker-kroek en groot Londen-gunsteling LaShawn Merritt het sonder enige noemens­waardige teenstand in 45.13 ­gewen.

Die spiesgooier Sunette Viljoen se eerste ontmoeting vanjaar met háár groot Londen-teenstanders, (wêreldrekordhouer) Barbora Spotakova en (wêreldkampioen) Maria Abakumova, het in ’n vyfde plek vir die Potchefstromer, met haar beste afstand vanjaar (61.84), geëindig.

Spotakova het met ’n yslike 67.78 gewen, met Abakumova tweede met ’n 64.34.

In die 200 vir mans was Thuso Mpuang sewende en laaste met ’n beskeie 20.95, terwyl sy landgenoot Tsholofelo Thipe in dieselfde item vir vroue vierde in 23.40 was.

Die langasem Elroy Gelant het in die (nie-Olimpiese) 3 000 teen ’n horde Keniane (ek het 9 ­getel) sesde in 7.41.38 klaar gemaak ... ’n tyd wat hom tot op die randjie van Juan van Deventer se SA rekord (7:41.06) gevat het.

Die Franse paalspringer ­Renaud Lavillenie het met ’n puik sprong van 5.90 een van die byeenkoms se top-vertonings gelewer.
Wêreldatletiek se aandag verskuif nou na Rome se Diamantliga Donderdag.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 506 votes
No! It's time to move on ...
35% - 267 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
+0.0%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
930.10
+0.5%
Palladium
993.00
+0.3%
Gold
2,334.24
+0.1%
Silver
27.47
+0.2%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE