Share

299 én Kiwi's wag

Reeksseges oor Nieu-Seeland en Pakistan dié somer sal nie nét Suid-Afrika se toetsspan se voorsprong op die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys vergroot nie – daar is boonop belangrike mylpale vir drie senior spelers op die spel.

Dale Steyn, Graeme Smith en Jacques Kallis kan hulle dieper in die geskiedenis van die spel ingrawe in die vyf toetse wat in die volgende twee maande wag.

Die Proteas pak Nieu-Seeland in toetse in Kaapstad en Port Elizabeth vroeg in Januarie, voordat Pakistan ’n maand later ook in drie kragmetings op tuisbodem aangedurf word.

Terwyl Steyn en Kallis straks reeds hul mylpale tydens die Nuwejaarstoets op Nuweland gaan behaal, sal Smith waarskynlik effens langer moet wag.

Steyn, die wêreld se voorste toetsbouler, kort ’n enkele paaltjie om net die vierde Suid-Afrikaner – en die 25ste ter wêreld – te word wat 300 toetsslagoffers eis.

Kallis is net 20 lopies kort daarvan om die vierde kolwer in die geskiedenis te word wat die 13 000-kerf in toetse verbysteek.

Smith (31) kan die suksesvolste toetskaptein in die geskiedenis word, as sy span vier van die komende vyf toetse wen.

Hy het tans 45 seges op sy kerfstok – nét drie minder as Ricky Ponting, die voormalige Australiese kaptein, se 48.

Smith is geruime tyd reeds die kaptein met die meeste toetse, maar dié rekord sal opnuut onderstreep hoe suksesvol die Proteas onder hom op die toetsveld was.

Hy sal egter sukkel om ooit Ponting se wenpersentasie as kaptein verby te steek.

Dié 37-jarige Aussie het sy 48 oorwinnings in net 77 toetse behaal, vir ’n wenpersentasie van 62.34%.

Smith het tot sover 46.39% van sy toetse aan die stuur van die Proteas gewen.

Hoewel dié syfer nie te waffers klink nie, moet daar in gedagte gehou word dat van die kapteins in die geskiedenis wat 20 oorwinnings behaal het, kon nét Ponting, Steve Waugh (42 seges, teen 71.93%), Hansie Cronjé (27, teen 50.93%), ­Michael Vaughan (26, teen 50.98%), Viv Richards (27, teen 54.00%) en Mark Taylor (26, teen 52.00%) beter vaar.

* Steyn sal hom aansluit by Shaun Pollock, Makhaya Ntini en Allan Donald as die vierde Suid-Afrikaner in die 300-klub.

Die Sri Lankaanse draaibaltowenaar Muttiah Muralitharan (800) en die Australiese legende Shane Warne (708) is steeds ligjare voor Steyn op dié lys.

Die 29-jarige Phalaborwa Express was een van die haastigste boulers om by 200-merk uit te kom, maar die tempo waarteen hy sy paaltjies laat kantel het, het die laaste 12 maande effe gedaal.

Een van die redes daarvoor was die sukses van Vernon Philander.

Dié Kaapse naatbouler het sy buiging verlede November in die Moederstad teen die Aussies gemaak – en hy het 63 paaltjies in sy eerste 10 toetse laat kantel.

Steyn behoort egter te baljaar teen een van die Swartpette se swakste kolfspanne tot nog toe.

* Net 20 lopies sal die kroon span op Kallis se asembenemende kolf-loopbaan.

Dán sal hy hom bevind in die geselskap van Sachin Tendulkar (15 645), Ponting (13 378) en Rahul Dravid (13 288).

Daar is byna geen twyfel nie dat Kallis vir Dravid én Ponting sal inhaal.

Albei dié spelers het reeds hul kolwe finaal weggepak, terwyl dié 37-jarige Kapenaar beter op dreef is as ooit tevore.

Hy het vanjaar reeds 944 lopies teen ’n gemiddelde van 67.42 gemoker.

Van die nege toetse wat hy in 2012 gespeel het, was ses teen die hoogaangeskrewe boulaanvalle van Engeland en Australië – in hul agterplase.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 405 votes
No! It's time to move on ...
35% - 220 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
+0.9%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
920.00
+0.9%
Palladium
982.50
-2.2%
Gold
2,330.83
+0.7%
Silver
27.29
+0.5%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE