Share

‘Ander helfte’ van bonus-sage wéér by SA krieket betrokke

Don McIntosh, die “ander helfte” van die sogenaamde bonusskandaal wat Suid-Afrikaanse krieket verlam het, is wéér betrokke by dié sport.

McIntosh, Krieket Suid-Afrika (KSA) se voormalige finansiële hoof, is reeds “geruime tyd” lank ’n “konsultant” van die Suid-Afrikaanse spelersvereniging (Saca).

Dít ondanks die feit dat hy vroeër vanjaar deur ’n ministeriële ondersoekkomitee gekruisig is vir sy aandeel in dié skandaal én terwyl ’n siviele geding teen hom steeds deur KSA gedryf word.

Dié komitee is gelas deur die sportminister, Fikile Mbalula, en is gelei deur die oudregter Chris Nicholson.

Nicholson het in Maart bevind die miljoene rande se bonusgeld – wat aan McIntosh, Gerald Majola en byna 40 ander KSA-werknemers betaal is vir die aanbieding van die Indiese Premierliga-toernooi en die Kam­pioenetrofee-reeks in 2009 – was ongemagtig.

Majola het digby R1,8 miljoen ontvang en McIntosh sowat R?1,4 miljoen, vir sy werk as direkteur van dié toernooie.

Benewens dié bonusse is Majola en McIntosh ook deur KSA vergoed met sowat sewe keer hul maandelikse salarisse.

Majola is in Oktober afgedank ná ’n onafhanklike tugverhoor en Mbalula het gelas dat albei se bonusse deur middel van “’n siviele proses” herwin word.

McIntosh het skielik uit sy KSA-pos bedank kort vóór die bonus-bom gebars het.

Tony Irish, Saca se uitvoerende hoof, het by navraag aan Rapport bevestig dat McIntosh as ’n konsultant vir dié organisasie optree.

“Die spelers het, ingevolge Saca se MOU (memorandum van verstandhouding, wat in 2010 onderteken is), ’n winsdelingsooreenkoms met KSA,” het Irish gesê.

“Ons gebruik Don se krieketervaring om te verseker dat ons die finansiële aspekte van dié ooreenkoms die beste kan benut.”

Volgens Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, is dié liggaam bewus van McIntosh se betrokkenheid by Saca.

“Saca is ’n aparte entiteit en KSA kan nie aan hom voorskryf wie in diens geneem mag word nie,” het Faul gesê. “In dié sta­dium gaan ons voort met die regsgeding (teen McIntosh).”


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 467 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1023 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE