Share

Droombegin!

Dit was die soort begin waaroor elke kaptein droom, maar Faf du Plessis se eerste wedstryd aan die stuur van die Proteas se blitsspan “was net die begin”.

Du Plessis se bloedjong elftal het eergisteraand in Durban die eerste van drie T20-wedstryde teen die Kiwi’s met agt paaltjies gewen.

Tog het dié 28-jarige Pretorianer gister gewaarsku dat sy span nóg beter kan.

Chris Morris, Quinton de Kock en Henry Davids het al drie hul buiging op Kingsmead gemaak – en al drie sou meer as tevrede kon wees met hul eerste vertoning in die Groen en Goud.

Morris het boulsyfers van 2/19 behaal, terwyl Davids ’n wankelende Protea-beurt (ná die vroeë verlies van Richard Levi) help red het met sy 20 lopies.

’n Onoorwonne 28 deur De Kock – in ’n flink vennootskap met Du Plessis (38*) – het die tuisspan in net die 13de beurt verby die Swartpette se skrale 86 gehelp.

Rory Kleinveldt is as die speler van die wedstryd aangewys vir sy 3/18, terwyl Robin Peterson die suinigste boulsyfers tot nóg toe deur ’n Suid-Afrikaner in blitskrieket behaal het.

Sy 2/8 (in vier beurte) het so byna toegesien dat die Kiwi’s “verbeter” op hul swakste T20-telling ooit – 80.

“Net mooi alles het volgens plan verloop en as kaptein kon ek nie vir beter gevra het nie,” het Du Plessis gesê.

“My boulveranderinge het gewerk en elkeen van die ouens het paaltjies platgetrek toe hulle moes.

“Ons het Nieu-Seeland reg van die begin af onder druk geplaas en ons veld- én kolfwerk was ook uitstekend.”

Hy het erken dat die Kingsmead-kolfblad sake vir sy span vergemaklik het.

“Die toestande was nie maklik nie en as hulle 120 of 130 aangeteken het, kon dinge baie anders gelyk het.”

Volgens Du Plessis sal sy span nóg beter moet vaar, wanneer hy die besoekers vandag op Buffalopark in Oos-Londen vir die tweede keer die stryd aansê.

“Dit was ’n droombegin, maar ons het ’n baie hoë standaard gestel en ons móét dit handhaaf. Of ons dít kan doen, sal bepalend wees vir die res van die reeks.”

* Intussen sal Morris die res van die reeks misloop weens ’n dyspierbesering én word Dale Steyn ’n blaaskans gegun. Morné Morkel sal hom vandag by die groep aansluit.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
58% - 18 votes
No! It's time to move on ...
42% - 13 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
+0.7%
Rand - Pound
23.89
+0.2%
Rand - Euro
20.47
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.45
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.9%
Platinum
918.00
+0.6%
Palladium
1,011.50
+0.7%
Gold
2,325.00
+0.4%
Silver
27.38
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,765
+0.3%
All Share
74,705
+0.3%
Resource 10
62,134
+2.8%
Industrial 25
103,110
-0.9%
Financial 15
15,889
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE