Share

Aussie-duo breed in Sunette se pad na goue driekuns

Sunette Viljoen jag Woensdagaand van 21:15 af in Glasgow haar derde agtereenvolgende Statebondstitel – iets wat geen Suid-Afrikaanse atleet al ooit kon vermag nie.

Viljoen het die goue medalje in die spiesgooi in 2006 in Melbourne en in 2010 in Nieu-Delhi gewen – en by albei Speles afgereken met dieselfde twee Australiërs wat vanjaar wéér? haar sterkste teenstand sal wees.

In 2006 het Viljoen (toe 23) goud met ’n wengooi van 60.72 voor Kim Mickle (58.18) en Kathryn Mitchell (55.12) gewen. Vier jaar later was die Suid-Afrikaner baas met ’n 62.34 teenoor Mickle se 60.90 en Mitchell se 54.25.

Sedert Nieu-Delhi het Viljoen in 2011 by die wêreldkampioenskappe ’n bronsmedalje gewen en in 2012 haar persoonlike beste tot 69.35 verbeter.

Mickle is die Statebond-pasaangeër tot dusver vanjaar met haar 66.83 in Maart in Melbourne; gevolg deur Mitchell (66.10 in Februarie in Adelaide) en Viljoen (64.77 in April in Pretoria).

Viljoen het sewe keer in 13 vorige tweestryde met Mickle afgereken, maar die Aussie het in ál vyf hul laaste kragmetings  gewen.

Viljoen was agt keer in 11 vorige byeenkomste teen Mitchell baas.

) Woensdagaand kan potensieël een van Suid-Afrikaanse atletiek se gróót aande wees: terwyl Viljoen en haar Aussie-susters mekaar in die hare vlieg, het Wayde van Niekerk (400, 21:30) en Zarck Visser (verspring, 19:45) óók sterk medalje-aansprake.

Van Niekerk spring as “net” nommer vier in die Statebond weg ná die Olimpiese kam­pioen, Kirani James van Grenada, 43.74), Isaac Makwala (Botswana, 44.01) en Deon Lendore (Trinidad, 44.36).

Maar sy onlangse tweede plek in New York (44.38) teen die Amerikaanse wêreldkam­pioen LaShawn Merritt sal eersgenoemde drie laat beef.

Visser (8.31) is die Statebond se nommer twee in ’n item waarin hy rêrig nie slapelose nagte oor enige van sy teenstanders sal hê nie.

Die nommer een, die Brit Greg Rutherford, het maande gelede met ’n 8.51 ontplof, maar hy kon sedertdien nie beter as 8.24 nie.

) Die tienkamper Willem Coertzen tree Dinsdagaand (22:00) aan vir die laaste van sy 10 items, die 1 500. Hy’s die voorste Statebonder vanjaar en hy lyk pure goud.

) Donderdagaand (21:15) is die eindronde van die 400-hekkies vir mans – en Cornel Fredericks is die vinnigste Statebonder vanjaar.

Alle SA oë sal ook op Fredericks se oefenmaat LJ van Zyl wees, wat aan sy derde Statebondspele deelneem.

Van Zyl het in 2006 goud gewen en in 2010 silwer. Hy wás al met ’n 47.66 vinniger as enige ander Statebonder, maar hy het dit nog nie vanjaar gewys nie (sy beste vanjaar is 48.96).

Diskus-breker Victor Hogan kán Donderdagaand (19:00) verras ná sy vyfde plek laas jaar by die wêreldkampioenskappe.

Langasems André Olivier (800, Donderdag 20:50) en Johan Cronjé (1 500, Saterdag 20:35) kan verras, veral in stadige, taktiese wedlope.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 483 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1072 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE