Share

Beserings word méér

Dis al jare sedert prof. Tim Noakes bereken het dat ’n rugbyspeler nie regtig meer as 28 wedstryde per seisoen moet speel nie.

Maar hoewel almal instemmend aha gesê het daarop, het niemand iets verder daaraan gedoen nie.

Prof. Noakes het ook nie juis veel hoop dat dit sommer gou sal gebeur nie, hoewel hy saamstem dat rugbybeserings al meer en erger word.

“Die koste van die sport groei vinniger as die inkomste daaruit. Dinge sal dus nie sommer verander nie,” waarsku hy.

“Die probleem is dat daar net soveel is wat die menslike liggaam kan verdra. Jy kan dit só ver kondisioneer; die menslike liggaam kan nie oornag by geldelike behoeftes aanpas nie.

“Daar is deesdae ’n groter bewussyn dat spelers reg bestuur en gemonitor moet word, maar dit maak ongelukkig nie die probleme minder nie.”

Noakes sê die grootste probleem is nie soseer die hoeveelheid rugby wat gespeel word nie, as hoe min ruskans spelers tussen seisoene kry:

“Die ideaal is sowat 2 000 minute per jaar – dis eintlik selfs minder as 28 wedstryde – maar nóg beter as dit sou ’n seisoen van sewe maande wees. Maar om dít gereël te kry, sal bitter moeilik wees.”

Volgens Piet Heymans, voorsitter van die SA Rugbyspelersvereniging (Sarpa), oorweeg die Internasionale Rugbyraad (IRR) dit om die Junie-toetse dalk na Julie te verskuif.

Dit sal ’n bietjie meer ruskans beteken, maar sal nog lank nie die groeiende beseringsprobleem oplos nie:

“Rugby het die afgelope paar jaar baie verander. Daar is meer klem op verdediging – en die spelers word al groter en sterker.

Die botsings word ál harder. Dit sal help as daar meer gereeld tweede of derde mediese menings ingewin word.

“Maar konserwatiewe behandeling hou ’n ou dalk vier maande langs die kantlyn, terwyl ’n operasie hom gouer op die been sal kry.

Die beserings is vir ons ’n bron van kommer – by die kleiner unies is daar baie maal nie eens ’n permanente dokter nie.

“Die spelers moet versekering teen beserings kry en hoe meer hulle beseer raak, hoe hoër raak die premies.

Ons kollegas oorsee het presies dieselfde probleme. Die IRR kyk na ’n projek op lang termyn om dié probleem behoorlik te analiseer.”

Volgens Heymans is daar kans in 2016 wanneer Super-rugby ’n ander formaat sal kry.

Die Vodacombeker maak ook in 2015 klaar: “Jy sal sien in 2016 sal daar nie soveel beserings wees nie omdat die ouens ná die Wêreldbeker-toernooi behoorlik kan uitrus.

“Ná die 2011-toernooi het Australië in November oorsee gaan toer – en hul Super-rugby se uitslae was treurig die volgende seisoen. Jy moet versigtig wees om ja te sê vir elke moontlike finansiële meevallertjie.”


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 430 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 918 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE