Share

Blou Saterdag

Loftus Versfeld. – ’n Slim spanpoging.

Brad MacLeod-Henderson, die Haaie se afrigter, het gisteraand sy span se verrassende Curriebeker-sege van 26-15 oor die Blou Bulle só opgesom.

“Die ouens het 80 minute lank met ’n groot poging gekom. Om die Bulle hier te klop was van uiterste belang vir ons veldtog en ek is verheug dat ons dit kon vermag het.”

Dit het in die eerste helfte bars gegaan met die Haaie en van balbesit was daar met rukke min sprake vir die besoekers.

Enkele oomblikke voor rustyd was die Bulle nog in beheer en 12-6 voor – totdat die Haaie se Bok-vleuel Lwazi Mvovo onderskep en teen die verloop van die spel gaan druk het.

Die tuisspan was sowat tien minute die tweede helfte in ewe skielik 12-23 agter nadat Mvovo se vleuelmaat, S’bura Sithole, ’n hoekskoppie op die aanval bemeester en die Haaie se tweede drie gedruk het.

“Ons het die inisiatief verloor en die buffer wat die Haaie gekry het, het ons onder druk gesit,” het Frans Ludeke, die Bulle se breier, agterna gesê.

Die Bulle se belangrikste grondslag – die lynstane – het toe boonop begin lol.

“Dit was asof dit toe ’n sielkundige struikelblok vir ons geraak het.

“Die drie voor rustyd was ’n keerpunt, maar ons het nie ons kanse gebruik nie.

“Veral ons besluitneming was swak,” het Ludeke gesê.

MacLeod-Henderson sê hulle het geweet die Bulle sal onder druk wees as hul nie goeie lynstaanbesit kry nie.

“Ek is baie tevrede met die wyse waarop ons in dié faset meegeding het. Die Bulle se rolmale is doeltreffend en ons kon dit tot ’n groot mate neutraliseer.”

Die Haaie se duidelik verligte breier het gesê Mvovo, wat in die week deur die Springbokke vrygestel is, se impak kan nie onderskat word nie.

“Lwazi is ’n fantastiese rugbyspeler en het ’n groot verskil gemaak.”

MacLeod-Henderson het die grootste lof egter vir sy losskakel, Lionel Cronjé, gehad.

Cronjé het oor die afgelope paar seisoene meer as genoeg kritiek gekry, maar hy was gisteraand op sy stukke.

Die skoppie wat op Sithole se drie uitgeloop het, was ’n juweel.

Dit is juis dié soort afwisseling wat afwesig was in die Bulle se repertoire.

Die Ligbloues se aanslag in vanjaar se kompetisie is met dié nederlaag op Loftus naby aan ontspoor.

Die aanduiding is daar dat die Bulle ’n derde keer in vier seisoene nie die halfeindronde gaan sien nie.

Ludeke wou nie sake vooruitloop nie en het aangedui sy span gaan hou “by die proses waarin die Bulle glo”.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 796 votes
No! It's time to move on ...
34% - 401 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
+0.2%
Rand - Pound
23.74
+0.3%
Rand - Euro
20.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
923.00
-0.3%
Palladium
980.00
-1.1%
Gold
2,348.96
+0.7%
Silver
27.70
+1.0%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,172
+1.1%
All Share
75,096
+1.0%
Resource 10
62,861
+1.2%
Industrial 25
103,868
+1.3%
Financial 15
15,880
+0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE