Share

Bokke: Liewer laat as nooit!

Nuweland. – ’n Bonuspunt-oorwinning oor die Wallabies?

Nooit te versmaai nie, al kom drie van daai vier drieë dan ook in die laaste minuut of agt. Maar al het die Springbokke ook gister hier hul voorlaaste toets in die Rugby-kampioenskap met 28-10 gewen, was dit nooit so maklik as wat die telbord jou uiteindelik laat verstaan het nie.

Om die waarheid te sê, was dit hoegenaamd nooit maklik nie. Ná ’n behendige begin deur die tuisspan, het foute agterlangs hul lewe deurgaans versuur – en die grootste deel van die wedstryd wou dit lyk of die Aussies ’n verrassende oorwinning kon behaal het.

“Die vertoning was nie só ’n teleurstelling nie, maar die eindtelling was.

“Dit was nie ’n akkurate weerspieëling nie, want ons was steeds in die prentjie ná 70 minute,” het die Wallaby-afrigter, Ewen McKenzie, agterna gesê.

“Die Bokke hét beter as ons afgerond.

“Ons het in die laaste 20 minute opgehou om die bal te beskerm en dit weggegee die kere dat ons dit gekry het.

Die Bokke het die bal drie of vier maal op kritieke tye by ons afgevat. Hul aanval was baie goed na die einde toe.”

By die breekpunt het Michael Hooper die kitaar geslaan.

Die Wallaby-kaptein se bossiekop was altyd daar waar die aksie was.

Hy het die Bokke se losballe chronies vertraag en ’n paar maal gegaps.

“In die eerste helfte het dinge gewerk soos ons dit bespreek het, maar ons het later uitgesak.,” het Hooper gesê.

* Oupa Mohoje het ’n skaflike debuut beleef sonder om juis uit te troon, hoewel Schalk Burger in sy 25 minute as plaasvervanger een van die tuisspan se uitblinkers was.

Burger se vertoning was sonder twyfel een van die hoogtepunte vanuit ’n Suid-Afrikaanse hoek.

Sy toetrede en dié van Bismarck du Plessis het nuwe lewe in die Bok-pak geblaas, terwyl die vars stutte Marcel van der Merwe en Trevor Nyakane die wa ook saam met Bakkies Botha kom help huis toe sleep het.

Australië het net nie sulke voorspelers om op die reserwebank te bêre nie – en met sowat 20 minute se speeltyd oor, het die Bokke die eerste keer sedert middeldeur die eerste halfuur voorgeloop, danksy ’n skepdoel van Pat Lambie.

Maar dit was broekskeur en gans te veel van ’n gesukkel van ’n span wat aspirasies het om die All Blacks te onttroon.

Gister was die SA agterlyn merendeels bedenklik.

Francois Hougaard het goeie dinge gedoen, soos ’n lewendige diens, maar sy taktiese voet kort steeds ’n klomp aandag. Gister het Handré Pollard ook maar so-so vertoon.

Jean de Villiers was nog nie in dié toernooi op sy beste nie – hy moes wedstrydfiksheid in die Kampioenskap herwin en dis selde ’n wonderlike idee.

Maar sy twee drieë teen die einde het van klas gespreek.

Willie le Roux het sy sukkelendste toets van die seisoen beleef.

Wat amper ’n goeie platform was, is amper ongedaan gemaak deur onbekookte aangeë.

Soveel besit is verloor deur oorhaastigheid, dat dit gelyk het of die Bokke dié ene deur hul vingers sou laat glip.

Maar toe die reserwebanke leeggemaak word, toe kan ’n blinde man met ’n draadloos sien watter land het die meeste diepte in sy rugby.

Wenk: dit was nie Australië nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 545 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 780 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE