Share

Bokkie Gerber: Kwotas: stuit wegraping met nuwe denke

Suid-Afrikaanse rugby het nie kwotas nodig om transformasie aan te help nie.

SA rugby het ’n ander ingesteldheid nodig. ’n Nuwe en getransformeerde brein met ’n nuwe en getransformeerde rugbyplan. ’n Rugbyplan wat ál die land se spelers akkommodeer en nie eksklusief vir ’n spesifieke spesie van speler is nie.

Want in die strukture van SA rugby is daar genoeg bruin en swart talent. Maar dié talent word misken. Hulle is te klein. Punt.

Ons beheptheid met grootte en krag het SA rugby blind gemaak vir die unieke talent van bruin en swart spelers in die land – hul flair, vaart, behendigheid en voetwerk. Die paar heel grotes maak dit nog na die boonste vlak. Maar 70 tot 80% van die ander goeies maak dit nie omdat hulle as te klein geag word. Te klein van postuur om met die mega-spelers mee te ding. Met die klein wittes is dit ook só.

Ons rugby het met die Blou Bulle se suksesstorie van 2003 se kant die rigting van krag en grootte bo alles ingeslaan.

Op ons skolevlak het talle bruin en swart spelers die afgelope 12 jaar deurgekom. Die SA Skolespan is al jare lank ’n span van meestal 50-50. Met die o.21’s, wat ook nou al grootte-beduiweld is, begin die uitdunning van die kleiner spelers van kleur al op dié vlak.

En met Superrugby en toetsrugby tel die wegraping van bruin en swart spelers net spoed op.

Waarom kry Juan de Jongh nie ’n oproep van Heyneke Meyer om die leemte op buitesenter te vul nie? Waarom kan Nazeem Carr nie eens Heyneke se veertigtal van aanspraakmakers haal nie?

Nee, daar word ’n oudgediende uit Frankryk gehaal om flank te speel, eerder as om Carr vir die groep te kies.

In Nieu-Seeland is die ingesteldheid anders.

Aaron Cruden is ’n klein mannetjie. Conrad Smith is klein en Ben Smith is g’n reus nie. Aaron Smith, die klein skrummie van die All Blacks, sal nooit in Suid-Afrika die kans kry om te speel nie. Te klein en te lig. Maar deur die bank is hulle vernuftig en behendig.

Suid-Afrika se ingesteldheid is teenoorgesteld: om met grootte die teenstanders te stop. As ’n mega-speler dan ook ’n bietjie flair het, is dit ’n bonus.

Die nasionale afrigters kla dis die Super-afrigters se skuld dat hulle nie meer spelers van kleur vir die Bokke kan kies nie. Jake White het gekla. Heyneke kla.

Hou op om die Super-breiers te verkwalik. Hulle hét skuld, ja! Maar hulle vreet uit dieselfde trog as die nasionale breiers. Die een van grootte en krag!

Saru en sy bestuur en die meeste van die land se 14 unies staan almal in die beskuldigdebank. Die aanklag teen Saru is dat hy net bevele per e-pos gee, die politici probeer tevrede hou, maar self min doen. Al is dit dan ook net om polisieman te speel.

Wie ontgin en ontwikkel swart en bruin talent? Wie lewer bruin en swart spelers uit eie geledere? Wie koop en bly koop by ander sodat hul kwotagetalle klop?

Hoeveel spelers van kleur het die Blou Bulle self ontwikkel en hoeveel het hulle elders gaan haal? Hoofsaaklik ook dan by die kusprovinsies.

Rus daar enige onus op ’n unie soos die Pumas om in sy gebied swart talent te ontgin en te ontwikkel? Nee, daar is nie.

Versuim Saru nie sy plig om met doeltreffende polisiëring die laksheid van unies te straf en daardeur die blote koop van bruin en swart spelers ter wille van kwotagetalle te ontmoedig nie? Of dat bruin skolespelers gekoop en honderde myle elders verplaas word net ter wille van kleurgetalle. Net om later weer uit die stelsel te verdwyn. Omdat hulle te klein is.

Maar als sal pure verniet bly solank die magte in beheer van rugby bly glo daar is nie plek vir die begaafde en vernuftige kleiner speler op internasionale vlak nie. Dat hulle gediskwalifiseer word as toetstalent. En dáárom sal SA ’n verpeste kwotastelsel moet verdra. Vir solank as wat die spelerskorps se uniekheid misken word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 559 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 803 votes
Vote
Rand - Dollar
18.88
+0.3%
Rand - Pound
23.86
+0.2%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE