Share

Brüssow honger om punt te bewys

Heinrich Brüssow se toonbesering het op ’n slegte tyd gekom, aangesien hy graag van die begin van die Superrugby-reeks af ’n punt wou bewys.

Nou moet dié Springbok-baljagter volgende week inval, wanneer die reeks reeds nege rondes oud is.

Maar die Bloemfonteiner “voel goed” en is uitgehonger om te speel.

Sy terugkeer is dalk ook net wat die sukkelende Cheetahs nodig het om ná ’n swak Super-begin weer op dreef te kom.

Die 27-jarige Brüssow, wat reeds in 20 toetse en 70 Super-wedstryde gespeel het, se ervaring behoort te tel.

Hy en Adriaan Strauss, die Cheetahs-kaptein, se leierskap het juis verlede jaar ’n groot deel van hul span se welslae uitgemaak.

Brüssow het gister in Kaapstad sy terugkeer vir die Vrystaat se Vodacombeker-span teen die Westelike Provinsie gemaak en hy behoort volgende naweek in Durban teen die Haaie weer Super-rugby te speel.

Hy het, toe verlede jaar se Curriebeker-reeks aan die gang was, vir die Japanse klub Docomo Red Hurricanes gespeel en in Januarie die ligamente in sy toon beseer.

Maar hy eet lankal nie meer soesji in Japan nie en het die laaste sowat drie maande in die Rosestad gesweet.

Hy moes ook spiermassa bywerk, aangesien hy vir die vinniger rugby in Japan minder geweeg het.

Hy het ná verlede jaar se Super-reeks 107 kg geweeg en ses maande later met sy terugkeer 94 kg.

Brüssow het aan Rapport gesê hy weeg weer byna wat hy moet vir Super-rugby.

“Dit is baie anders in Japan. Die rugby daar is vinnig en nie so fisiek nie,” het hy gesê.

“Waar ons baie oor die breedte van die veld speel, speel hulle meer oor die lengte.

“Daar is baie meer lynbreke.”

Hy sê dit was ook van die veld af ’n ervaring, maar met die oud-Haai Riaan Viljoen en Bulle-flank Wimpie van der Walt ook by die Hurricanes, het dit sake vergemaklik.

“Aan die begin is dit ’n aanpassing, maar daarna raak dit lekker.

“Dit was lekker om ouens soos Wimpie en Riaan daar te kon hê. Ons vrouens was nie altyd daar nie en dit het gehelp dat ’n ou iets saam kan doen.”

Volgens hom het sy besering nie op ’n goeie tyd gekom nie, maar is dit deel van die spel.

“ ’n Mens sou graag van die begin van die Super-reeks af wou speel en ’n hoë werkverrigting van die begin af wou handhaaf om weer ’n punt te bewys.”

Sonder hom het Philip van der Walt, wat onlangs sy hand gebreek het, Lappies Labuschagné, Boom Prinsloo en Jean Cook goed in die Cheetahs-lostrio vertoon.

Brüssow sê dit is maar frustrerend om toe te kyk hoe die Cheetahs verloor, maar volgens hom is dit “ ’n klomp klein foutjies” wat uitgeskakel moet word.

“Ons speel nie slegte rugby nie, maar ons moet net weer leer om die wedstryde af te rond en in dieselfde gewoontes as verlede jaar kom.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1027 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1091 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE