Share

Bulle teen die Waratahs: Nou’s dit 0 uit 11

Voor Saterdag het die Bulle se rekord teen die Waratahs vertel dat hulle in 2005 laas teen dié span óf in Sydney verloor het.

Daardie amper vergete Bul-glips was in Super-rugby se halfeindstryd van daardie jaar.

Ná Saterdag se nederlaag met 12-19 teen Sydney se blou span, is nie net die Bulle se persoonlike houvas in dié tweestryd gebreek nie, maar straks ook hul realistiese hoop om nog vanjaar die uitklopronde te haal.

Uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt was dit maar net nóg ’n oorsese nederlaag vir 2014 – ’n jaar waarin ons rekord Doer Onder nou op 0 uit 11 staan.

Maar dit was nie net nog ’n nederlaag nie. Want sien, die frustrasievlakke daarin vervat, was veel hoër as gewoonlik.

Rohan Hoffman, die Australiese skeidsregter, het die Bulle met sy lastige fluitjie by die afbreekpunte bykans verwoes – of die Bulle mét die bal of daarsónder was.

Die frustrasie daaroor was tweeledig: een met Hoffman wat skynbaar sy mes in gehad het vir die Bulle en tweedens met die Bulle wie se vertraagde reaksies by dié afdeling soms hul aanslag gestrem het.

As lostrio het Jono Ross, Jacques du Plessis en Grant Hattingh nie gewerk nie en beslis nie Ross as baljagter nie, al bied hul krukkerlys, toegegee, nie veel ander keuses nie.

Gister het ’n besering ook in die eerste helfte die skrumskakel Piet van Zyl geëis.

Maar miskien spruit gister se frustrasie veral uit die feit dat die Waratahs self middelmatig genoeg was dat die Bulle, ondanks alles, kón wen.
Daar was die Waratahs se haastige begin toe die heelagter-held Israel Folau ná 28 sekondes reeds gaan druk het, asook ’n goeie tydperk daarna waarmee die tuisspan vroeg met 13-0 voor was.

Soos die Waratah-blom algaande verlep het, het die Bulle meter vir meter met swaar baldraers teruggeveg om weer binne trefafstand te kom. Stewige skrum- en lynstaanwerk was die Pretorianers se sterkpunte.

Meer as dít was daar ongelukkig nie. Beslis nie ware aanvallende vindingrykheid nie. Altans nie tot heeltemal te laat in die wedstryd nie, toe ’n paar uitgeruste bene op die veld aan iets lewendig herinner het.

Selfs tóé was ’n drie die Bulle nie beskore nie – en hulle het trouens gister nie eens na aan ’n drie gedraai nie.

Die Waratahs was ná die 28 sekonde-bom ewe steriel, maar het genoeg punte uit die Bulle se hoë strafskoptelling getap om dié skraperige wedstryd te beklink.

Een só ’n strafskop was teen die Bulle-agtsteman, Hattingh, wat vir ’n onnodige hoogvat vir 15 minute koelkas toe is.

Dit was een van verskeie middelmatige Bul-oomblikke in ’n middelmatige vertoning.

En op die keper beskou, is daar, veggees ten spyt, tans té veel middelmatigheid in hierdie Bul-span dat ons veel meer as dit te wagte kan wees.

Punte:
Waratahs 19 (13): Drie: Israel Folau. Doelskop: Bernard Foley. Strafdoele: Foley (4).
Bulle 12 (6): Strafdoele: Jacques-Louis Potgieter (3), Handré Pollard.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 401 votes
No! It's time to move on ...
35% - 218 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
+0.8%
Rand - Pound
23.81
+0.6%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+0.9%
Platinum
922.60
+1.1%
Palladium
982.50
-2.2%
Gold
2,334.10
+0.8%
Silver
27.33
+0.6%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE