Share

Cheetahs toor weer

Daar kort nog heelwat skaafwerk, maar die Vrystaat kan darem steeds toor.

Dít het die Cheetahs Saterdag in die Vrystaat-stadion gewys toe hulle hul Curriebeker-buurmanstryd teen Griekwas met 34-27 gewen het.

Twee drieë deur Griekwas in die laaste vyf minute het die telbord bietjie beter vir die besoekers laat lyk en aan hulle vier drieë – én ’n bonuspunt-nederlaag – besorg.

Rory Duncan, die Vrystaat-afrigter, se span was egter veel beter as ’n week tevore – toe hulle teen die Pumas vasgeval het.

Die tuisspan het – met die senter Francois Venter aan die spits – die soort hardlooprugby opgedis waaraan hul ondersteuners gewoond is.

Venter het gewys hy kan nét so waardevol op buitesenter wees en het ’n aandeel in twee van sy span se vyf drieë gehad.

Eers het hy ná rustyd sy vleuel Rayno Benjamin met ’n aangee a lá Sonny Bill Williams weggesit en later het hy ’n netjiese rolskoppie gegee wat tot sy ander vleuel, Raymond Rhule, se drie gelei het.

Al was Hawies Fourie, die Griekwas-afrigter, se span vroeg, danksy ’n drie deur Wayne Stevens, met 7-0 voor, het die Poubloues ’n hele ruk nie heeltemal so skerp gelyk soos ’n week vroeër teen die Haaie nie.

Verder het ’n geelkaart in die tweede helfte aan sy stut Steph Roberts ook nie gehelp nie, maar het Fourie-hulle waarskynlik goed gedoen om twee ligapunte in te samel.

Die wedstryd het vroeg aan ’n slagveld herinner. Albei spanne het spelers op die krukkelys gehad.

Die Vrystaat-stut Luan de Bruin is afgedra, terwyl die besoekers hul heelagter Nico Scheepers én slot Boela Serfontein verloor het.

Die Cheetahs-agtsteman, Boom Prinsloo, is kort voor rustyd af en Rhule het teen die einde bly lê.

Al was die Vrystaters rustyd met 15-10 voor, sou Duncan besef het sy span is gelukkig.

Hy het hope onnodige foute begaan en sal dit moet uitskakel teen sterker spanne.

As dit nie vir Sarel Pretorius se x-faktor was nie, was dit ook nie só nie.

Super-Sarel was op sy stukke en het kort voor die omdraaislag ’n swak aangee by ’n Griekwas-skrum deurgeskop, opgepik en sowat 60 meter gehol om te druk.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 368 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 765 votes
Vote
Rand - Dollar
19.16
-0.0%
Rand - Pound
23.88
-0.2%
Rand - Euro
20.44
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
938.30
-1.3%
Palladium
1,016.50
-1.3%
Gold
2,380.01
+0.0%
Silver
28.40
+0.6%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,101
-0.1%
All Share
73,180
-0.1%
Resource 10
63,322
+0.0%
Industrial 25
98,428
+0.0%
Financial 15
15,437
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE