Share

Cornel, Wayde lei baan-aanslag in Glasgow

’n Wyse gryse het gesê jy’s net so goed soos jou laaste wedloop.

Daarom is hierdie waarnemer opgewonde oor veral twee Suid-Afrikaanse atlete se jagtog na goud by die Statebondspele.

Cornel Fredericks en Wayde van Niekerk het Dinsdagaand in Lusern, Switserland, teen sterk internasionale teenstand gewen – Fredericks in die 400-hekkies en Van Niekerk in die 200. Albei lyk gepantser – lees: gebrei in die internasionale arena – vir Glasgow.

Fredericks tree in Skotland as die Statebond se vinnigste hekkiesman vanjaar (48.42) aan. In Lusern het hy boonop hakskene gewys vir vanjaar se nommers twee en drie: die Pretorianer het in 49.03 gewen, teenoor die Jamaikane Roxroy Cato se 49.09 en Annsert Whyte se 49.51.

Sedert 8 Junie het Fredericks in ses internasionale wedlope nooit swakker as derde geëindig nie.

Van Niekerk het Dinsdagaand die 200 as littelosmaker vir sy gróót aanslag in die Glasgow-400 gebruik – én teen ’n sterk wind van -0.9 afgereken met gerekende name soos Rasheed Dwyer (Jamaika) en Wallace Spearmon.

Ja, Van Niekerk spring in Glasgow met sy onlangse SA rekord van 44.38 weg as “net” vanjaar se vierde vinnigste Statebonder ná die Olimpiese kampioen, ­Kirani James van Grenada (43.74), Isaac Makawala (Botswana, 44.01) en Deon Lendore (Trinidad, 44.36).

Maar die Vrystater het nou anderdag in New York in sy rekordbrekende 44.38 die Amerikaanse wêreldkampioen ­LaShawn Merritt die skrik van sy lewe gegee.

*  Wat die res van die SA atletiekspan van 19 lede betref, staan tienkamper Willem Coertzen (nommer een op die Statebondslys), verspringer Zarck Visser (2) en spiesgooier Sunette Viljoen (3) sweerlik ook uit as potensiële kampioene.

Coertzen het egter in April laas deelgeneem (toe hy die SA titel gewen het); Visser beleef ’n wipplank-seisoen en Viljoen, hoewel geseënd met die wêreld se ondervinding, het vanjaar (nog nie) naastenby die hoogtes van weleer bereik nie.

Langasems André Olivier (800) en Johan Cronjé (1 500) hét vanjaar gróót treë nader aan die voorste bondel (hoofsaaklik Keniane) gegee.

Dit sal bars gaan, maar medaljes is vir seker nie buite hul bereik nie.

LJ van Zyl? Hy het vanjaar in die 400-hekkies nog nie een keer rêrig tekens gewys van die potensiële wêreldkampioen wat hy is nie (hy was, terloops, vyfde in die Lusern-wedloop).

En dan... die naellopers.

Simon Magakwe en Akani Simbine is ná die SA seisoen met wonderlike tye van 9.98 en 10.02 in die 100 oorsee – maar hulle het daar nie naastenby dieselfde soort tye bereik of rêrig die planeet se ander blitse skrik gemaak nie.

Hulle kán wel, saam met Hendrico Bruintjies en Ncinchi Titi, in die 4x100-aflos verras, maar Anaso Jobodwana se onttrekking verswak dié kans.

* Cronjé het Vrydagaand in Monaco by die Diamantliga-byeenkoms ’n teleurstellende 12de plek (in 3:33.69) behaal in een van die beste 1 500-wedlope in die geskiedenis. Die eerste sewe atlete het almal deur die steeds-magiese grens van 3:30 gebars, met die Keniaan Silas Kiplagat die wenner in 3:27.64.

*  Gisteraand in Madrid, Spanje, is Olivier met ’n haarbreedte van ’n wen in die 800 weerhou. Job Koech Kinyor (Kenia) het in 1:46.11 gewen, met Olivier tweede (1:46.13). Khotso Mokoena was vierde (8.00) en Visser vyfde (7.94 met wind +2.4) in die verspring; Carina Horn vierde in die 100 (11.16, wind +2.6) en Caster Semenya laaste in die 800 (2:06.84).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Election day is approaching, have you made your voting decision?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, I still haven't made up my mind
27% - 2607 votes
Yes, I know where my ‘X is going
73% - 7029 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.1%
Rand - Pound
23.76
-0.2%
Rand - Euro
20.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
922.30
-0.9%
Palladium
1,007.50
-0.8%
Gold
2,308.37
-0.8%
Silver
26.90
-1.0%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,899
+0.6%
All Share
73,917
+0.5%
Resource 10
59,686
-2.1%
Industrial 25
102,683
+1.6%
Financial 15
15,792
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE