Share

Cornel wen vir Afrika

Laat net een blikskottel weer sê Suid-Afrikaanse atlete is nie gepantser om by groot internasionale byeenkomste hul teenstanders bloedneus te gee nie.

Cornel Fredericks het gisteraand in Marrakesj, Marokko, nie sy eerste nie, nie sy tweede nie, maar sy vyfde indrukwekkende oorwinning vanjaar in die 400-hekkies in die internasionale arena behaal.

Hy het by die Interkontinentale Beker-byeenkoms in die Afrika-frokkie in ’n vinnige 48.34 gewen.

Dié sege laat sy gouemedalje-uitstalkas tot barstens toe oorloop, nadat hy vroeër vanjaar ook die Statebonds- en Afrika-titels gewen het – én boonop ook baas was by die onlangse Weltklasse-Diamantliga in Zürich, ’n tradisieryke byeenkoms wat as die mini-Olimpiese Spele bekend is.

Die 24-jarige Pretorianer het gisteraand afgereken met Kariem Hussein (Europa, 48.47) en Javier Culson (Amerikas, 48.88). Hy het boonop ’n koel $30 000 (ongeveer R330 000) met sy oorwinning verdien.

* En, kort op Fredericks se hakke was ons spiesgooi-koningin Sunette Viljoen.

Sy het die Tsjeggiese wêreldkampioen Barbora Spotakova die skrik van haar lewe gegee.

Viljoen was ná haar derde gooi met ’n afstand van 63.76 in die eerste plek, voordat Spotakova met ’n yslike 65.52 losgetrek het om die gouemedalje voor die Suid-Afrikaner se neus weg te raap.

Nóg twee Suid-Afrikaners wat vanjaar gróót golwe in wêreldatletiek gemaak het, Zarck Visser en Wayde van Niekerk, het self nie op hul laat wag nie en kan tevrede voel met hul vertonings.

Visser was in die verspring derde met ’n sprong van 7.96 ná die Europese wenner Ignisious Gaiseh (8.11).

In die 400 het Van Niekerk sý droomseisoen met ’n tyd van 45.27 afgesluit – hy het net-net nie die medalje-podium gehaal nie, met die Amerikaanse spierpaleis LaShawn Merritt eerste (44.60), gevolg deur Botswana se Isaac Makwala (44.84).

Wenda Nel was in die 400-hekkies vyfde in 55.80 ná die Jamaikaanse wenner Kaliese Spencer (53.81), terwyl gewigstoter Orazio Cremona sesde met ’n 19.96 was, met die Duitser David Storl wat met ’n 21.55 gewen het.

Chris Harmse het in die hamergooi sewende met ’n 71.77 geéindig. Krisztian Pars het dié item met ’n gooi van 78.99 gewne, met Harmse se Afrika-spanmaat Mostafa Elgamel tweede (78.89).

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 26 votes
Hardly - I prefer streaming online
66% - 725 votes
Sometimes - it depends on the film release
31% - 344 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE