Share

Curriebeker 2014: WP op die kruin

’n Konkoksie van uitnemende spel, baie lakwerk en ’n tikkie geluk het gister op Nuweland vir die Westelike Provinsie ’n kosbare sege van 27-14 oor die Goue Leeus opgelewer.

Daarmee bevind die Streeptruie hulle ná drie rondes in vanjaar se Curriebeker-reeks bo-aan die puntelys, maar dinge kon gister maklik anders uitgedraai het as die Leeus se besluitneming beter was.

Sonder ’n spesialis-losskakel sou dit egter altyd lol.

Hul gereelde buitesenter, Stokkies Hanekom, moes op ’n dag se kennisgewing waarneem – weens beserings aan Marnitz Boshoff en Jaco van der Walt.

Gevolglik kon die Leeus nie werklik in ’n taktiese stryd met die WP betrokke raak nie en het hulle dikwels vanuit verkeerde posisies gehardloop.

Maar kyk, hulle verdien steeds hope lof.
Hulle het ’n sterk WP-span baie ongerief laat verduur voordat ’n drie deur Jaco Taute – sewe minute voor die einde – die uitslag bo alle twyfel geplaas het.

Die WP was vinnig uit die blokke en ná 16 minute reeds met 14-0 voor, danksy twee drieë deur die regtervleuel Kobus van Wyk.
Sy eerste was die produk van konstruktiewe aanvallende spel en die tweede ’n vloekskoot nadat hy ’n hoë bal van ’n vrot skop deur sy losskakel, Demetri Catrakilis, in sy eie kwartgebied gevang en deurgehardloop het.

Daarna was dit amper asof die Kapenaars in hul dop gekruip het en was hy tevrede om sonder die bal te speel.
Miskien was dit dáárom vir die WP ’n bedekte seën dat Andries Coetzee kort voor die rustyd vir die Leeus gedruk het.

Want met ’n voorsprong van 14-8 was daar skielik nie die gemaksone van ’n groter punte-buffer nie.

Toe Ruan Combrinck die vlae vroeg in die tweede helfte laat lig het om die Leeus binne drie punte te bring, het angs op Nuweland toegesak.

Die WP het homself afgestof – maar teen die 66ste minuut het hy sy vierde kans in die Leeus se kwartgebied verbrou.
Daarna het die besoekers wéér die druk verplaas en die besluit om met nege minute oor in die hoek uit te skop, eerder as om ’n maklike drie punte te neem, sal vandag ’n besprekingspunt wees.

Die WP het ’n strafskop naby sy doellyn afgedwing en ’n paar minute later het Taute afgerond, ná ’n lieflike breekslag deur Kurt Coleman.

Dat daar ruimte vir verbetering in die WP se spel is, is gewis.
Die toekoms van rugby in die Kaap lyk egter weer uiters blink. Cheslin Kolbe was ’n groot angel op heelagter – op die aanval, met dapper verdediging én met sy posisionele spel. Van Wyk en die agtsteman Nizaam Carr was ander jongelinge wat op hul stukke was.

Drieë: Kobus van Wyk (2), Jaco Taute. Doelskoppe: Demetri Catrakilis (2), Kurt Coleman. Strafdoele: Catrakilis (2).
Drie: Andries Coetzee. Strafdoele: Ruan Combrinck (3).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 561 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 807 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.3%
Rand - Pound
23.85
+0.2%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE