Share

Dis lente in die Kaap

Dis heerlike lente, die winter’s verby. Saterdag op Nuweland, altans, waar die Westelike Provinsie die krane oopgedraai het om die Blou Bulle met 41-17 in die tweede ronde van Curriebeker-rugby te trap.

Maar in Pretoria sê min mense agterna holladrio nadat grootskeepse onbeholpenheid die besoekers se sterte ewe veel as ’n geesdriftiger en vernuftiger gasheer geknoop het.

Hoewel albei helftes op die telbord taamlik eenders verloop het, kon die spel nie meer verskil nie.

Voor rustyd het die Streeptruie oorheers en altyd daai bietjie haastiger en meer ondernemend gelyk.

Hulle sou egter Saterdagaand kop gekrap het oor die skrums, waar die besoekers ’n paar strafskoppe verdien het. Veral Marcel van der Merwe het Pat Cilliers al sy dae gegee.

Maar benewens hul skrumwerk, het die Bulle in die eerste helfte die stampe gevat en nie uitgedeel nie.

Op die grond is hulle ’n paar keer aan die kaak gestel – en die WP se tweede drie, deur die einste Cilliers, het op ’n amper gerieflike rolmaal van halfpad binne die Bul-kwartgebied af gebeur.

Agterlangs was die verskil yslik.

Die Streeptruie was gretig om hul snellers te betrek en het allerlei kunsies uitgestal. Cheslin Kolbe was weer giftig.

Die blitsige Seabelo Senatla het nie om dowe neute ’n tweekuns gaan druk nie.

Sy tweede, middeldeur die tweede helfte, het die bonuspunt beklink.

Die grootste verskil was dat Nizaam Carr die WP se derde gaan druk het ná die puik jong slot Jean Kleyn hom met ’n beter aangee in besit gestel het as waartoe die meeste Bul-agterspelers gister in staat was.

Met die rustydtelling 19-6 het dit gelyk of alles verder formaliteit sou wees, maar tot hul krediet het die besoekers met meer vuur teruggekeer – en het die WP die grootste deel van die tweede helfte in en om sy eie kwartgebied deurgebring.

Die Bulle het een fase ná die ander bewerkstellig, maar nooit enige finesse getoon nie.

Die een reguit stormlopie op die ander het bloot gelei tot die een WP-laagvat op die ander – en toe die Bulle se reserwe-haker Bongi Mbonambi in die 72ste minuut in die hoekie oor is, was daar lank reeds net agting vir die Ligbloues op die spel.

Met al die besit het die Bulle inderdaad sóveel geknoei dat die WP nóg drie drieë ná die draaislag gaan druk het – die eerste twee, die doodskote, van omgekeerde besit en teenaanvalle wat van vlakvoor hul doellyn van stapel gestuur is.

Die verstokte rugby waarmee die Stormers hul ondersteuners gefrustreer het, is met ’n blote mentaliteitskuif in pret én doeltreffendheid verander. Iewers sal die Bulle dié kopskuif dringend moet maak, want enigeen kan verdedig as jy net die hele tyd bal onder die arm druk en vorentoe skiet.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
35% - 13 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
65% - 24 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.4%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
950.90
+0.1%
Palladium
1,029.50
0.0%
Gold
2,391.18
+0.5%
Silver
28.39
+0.6%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,479
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE