Share

Dit reën kaarte én drieë in Kimberley

’n Curriebeker-buurstryd op GWK-park teen Griekwas is 80 minute lank – selfs al is jy rustyd gemaklik voor en speel jy teen 14 Poubloues.

Dit het die Vrystaat gister op ’n harde veld geleer toe hy eers ’n wind in die tweede helfte moes sluk om ’n bonuspunt-sege van 36-25 te behaal.

Maar ’n mens kan ook net só lank met een speler minder as jou teenstander klaarkom.

Dít het Griekwas in hul eerste wedstryd teen die Haaie duur te staan gekom en dié keer was dit die agtsteman Carel Greeff wat reeds in die eerste helfte sy tweede geelkaart ontvang het.

Greeff se direkte teenstander Jean Cook en sy mede-voorspelers het dié voordeel goed uitgebuit.

Die Vrystaters moes self in die tweede helfte twee keer met 14 spelers klaarkom – toe eers die slot Henco Venter en later die haker Torsten van Jaarsveld koelkas toe is.

Maar hulle het eindelik te veel skietgoed gehad en die Poubloues bly segeloos in vanjaar se reeks.

Boonop het die besoekers se plaasvervanger-losskakel, Pieter-Steyn de Wet, genoeg impak gemaak om vyf ligapunte in te samel.

De Wet, in sy Vrystaat-buiging, het Willie du Plessis vervang nadat laasgenoemde ’n paar foute in die tweede helfte begaan het. De Wet het die Vrystaters se aanval skop gegee én goed pale toe gekorrel.

Die tuisspan het heelwat kanse in die eerste helfte gehad en veral aan die vleuel PJ Vermeulen se kant bresse geslaan.

Sy agterlyn se hantering was goed, maar Griekwas kon nie binne trefafstand koelkop bly nie. Die Vrystaters het té maklik besit in hul eie kwartgebied omgekeer.

Dit was ook waarom Griekwas eers in die 38ste minuut hul eerste punte – danksy ’n strafdoel deur die losskakel Dean Grant – kon aanteken.

Rory Duncan, die Vrystaat-breier, sou tevrede gewees het met ’n rustyd-voorsprong van 15-3 – veral met Greeff langs die kantlyn.

Maar Hawies Fourie, Duncan se Griekwas-eweknie, het duidelik rustyd sy span spesiale water laat drink.

Want sy span het die Vrystaters ná die omdraaislag soos ’n Noord-Kaapse warrelwind getref en was danksy drieë deur die skrumskakel Tian Meyer en haker Martin Bezuidenhout in die 57ste minuut met 18-15 voor.

Dít het die Cheetahs uit hul sluimer wakker geskud.

Met Venter van die veld af, het hulle twee drieë – komplimente van Clayton Blommetjies en Tienie Burger – gedruk.

* Punte:
Vrystaat 36 (15): Drieë: Francois Uys, Rayno Benjamin, Clayton Blommetjies, Tienie Burger, Jean Cook. Doelskoppe: Willie du Plessis, Pieter-Steyn de Wet (3). Strafdoel: Du Plessis.
Griekwas 25 (3): Drieë: Tian Meyer, Martin Bezuidenhout, Ederies Arendse. Doelskoppe: Dean Grant (2). Strafdoele: Grant (2).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 26 votes
Hardly - I prefer streaming online
66% - 732 votes
Sometimes - it depends on the film release
32% - 352 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE