Share

Elton weer Prins van ouds

Elton Jantjies glo hy is nou deur die drif en stel dit onomwonde: “Ek voel die ou Elton is terug.”

Hy kon vroeër die week, ná sy beste vertoning in ’n lang tyd as losskakel in die Leeus se laaste Super-wedstryd teen die Cheetahs, met nuwe gemoedsrus na Tokio, Japan, vertrek.

Dís waar hy sy rugby vir NTT Shining Arcs gaan speel tot die Superreeks weer in Februarie begin. En dit is waar hy hoop om homself, soos in dáárdie Cheetah-slagting, op die veld uit te leef.

Dit was net die derde keer dat die 23-jarige Jantjies vanjaar die Leeus se no. 10-trui gedra het omdat beserings en Marnitz Boshoff se ongelooflike peil hom deurgaans op die plaasvervangerbank gehou het.

En dit het ’n mens mettertyd laat wonder: Gaan die Jantjies wat in 2011 as jongeling die land aan die praat gehad het, ooit weer sy opwagting maak?

Verlede jaar se onsuksesvolle leen-uitstappie by die Stormers is boonop nog vars in sommige se geheue.

Maar in die Leeus se laaste wedstryd van die seisoen het die afrigter, Johan Ackermann, besluit om Jantjies weer los te laat en is aanhangers onverwags bederf met ’n kykie na die ware Prins Elton, soos hy in 2011 gedoop is.

“Ek dink beslis ek is op die regte pad. Met my pa se dood (vroeg in 2013) was dinge vir ’n tyd lank nie lekker vir my nie,” het Jantjies aan Rapport gesê.

“Ek was toe ook later vir sewe maande met ’n besering uit en dit was nogal moeilik om weer terug te kom.”

Sy pa, Thomas, wat ook sy rugbymentor en skopafrigter was, is verlede jaar skielik weens ’n bysteek oorlede.

“Maar my spel is weer op koers. Ek hoop nou om weer in aanmerking te kom vir die Springbokke.

“Teen die Cheetahs het ek ’n geleentheid gekry en het besluit om dit net te gaan geniet.

“Om só te kon wen was eindelik baie spesiaal, veral in my 50ste Super-wedstryd,” het Jantjies gesê.

Hy erken dit was vir hom aanvanklik moeilik om vir Boshoff terug te staan, met laasgenoemde wat sy kans skouspelagtig aangegryp het toe Jantjies aan die begin van die seisoen beseer was.

“Dit was nie soveel van ’n kop-ding wat ek moes uitklaar nie. Dit het eerder gevra dat ek hard werk en deur die prosesse gaan, want dit is moeilik om van ’n lang besering terug te kom.

“Superrugby was vir my beslis ’n uitdaging, maar ek het deur dit gekom en voel weer soos die ou Elton.”

Vir die Leeus kan dit nét goed wees. Sowel Jantjies as Boshoff spog nou met Springbok-baadjies en as albei dié generaals op peil kan wees, beloof die span om in 2015 nóg gevaarliker op die Super-verhoog te wees.

“Dit gaan dan net afhang hoe die afrigters ons bestuur. Daardie kompetisie (tussen die losskakels) is op die ou einde ’n goeie ding vir Leeus-rugby,” het Jantjies gesê.

“Boonop kan Marnitz ook ewe goed heelagter speel.”

Volgens sy ooreenkoms met die NTT-klub gaan hy vanjaar en volgende jaar in Curriebeker-tyd Japan toe, maar kom hy elke slag weer terug vir die Super-reeks.

Doer in die vreemde sluit hy hom wel aan by ’n oud-Leeu, die Amerikaner Todd Clever.

Maar dit is ook die onbekende in die Ooste wat Jantjies opgewonde maak.

“Ek het al ’n bietjie met Wynand Olivier gesels oor wat om daar te verwag en hy sê ek gaan dit beslis geniet.

“Die rugby is hardlooprugby en die spel word gerek. En die mense het ’n sterk kultuur, waar respek belangrik is.”

Dit is daar waar hy hoop om – ver uit die kollig – weer volkome daai “ou self” terug te kry.


Elton Jantjies die afgelope naweek vir oulaas in die Leeu-trui in die Superrugbywedstryd teen die Cheetahs. Foto: christiaan kotze


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 84 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 187 votes
Vote
Rand - Dollar
19.25
-0.4%
Rand - Pound
23.89
-0.3%
Rand - Euro
20.46
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
949.10
-0.1%
Palladium
1,025.50
-0.4%
Gold
2,383.03
+0.2%
Silver
28.29
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE