Share

Embleemstryd ‘lank nie verby’

Suid-Afrikaanse krieketbase het nog lank nie bes gegee oor die embleem op die bors van die nasionale span nie.

Die Proteas is verlede week met ’n internasionale speelboikot gedreig, sou hulle nie verander aan dié embleem – ’n kombinasie van die koningprotea en die Suid-Afrikaanse landsvlag – nie.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee ­(Saskok) het op ’n onlangse raadsvergadering in Johannesburg besluit dat die koningprotea “die enigste simbool vir nasionale sportspanne” is en dat “geen kombinasie met enige ander simbool toegelaat word nie”.

Dít beteken die vlag moet waai.

Hashim Amla se Proteas speel tans in ’n toetsreeks teen Sri Lanka met dié embleem, wat spelers reeds langer as 15 jaar lank dra.

Saskok het in 2009 op soortgelyke wyse jag gemaak op die Springbok-rugbyspan se embleem.

Die bok het gevolglik na die regterbors geskuif, met die protea-embleem alleen links op die trui.

Gideon Sam, president van Saskok, het vroeër gesê KSA het reeds ingestem om dit te laat verander – ná die Sri Lankaanse toer.

Tog het Rapport vandeesweek vanuit KSA-kringe verneem die “stryd is nog lank nie gewonne nie”.

Volgens ingeligtes skop KSA steeds vas oor die embleem.

“Daar word steeds met Saskok gekommunikeer, maar daar is nog geen finale besluit geneem nie,” het een bron gesê.

“Daar is allerlei handelsmerkregte en borgskappe wat geraak word.

“KSA respekteer Saskok en het begrip vir die redes wat hy aanvoer, maar Sam se uitlatings was hopeloos voortydig.”

Altaaf Kazi, KSA se woordvoerder, wou by navraag geen kommentaar lewer oor dié beheerliggaam se voorneme nie.

“Ons sal ’n verklaring uitreik wanneer die tyd reg is, eerder as om nou in ’n media-woordewisseling met Saskok betrokke te raak.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 826 votes
No! It's time to move on ...
33% - 409 votes
Vote
Rand - Dollar
18.84
+1.0%
Rand - Pound
23.57
+1.0%
Rand - Euro
20.22
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.7%
Platinum
924.60
-0.1%
Palladium
974.50
-1.6%
Gold
2,346.48
+0.6%
Silver
27.58
+0.5%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,187
+1.1%
All Share
75,119
+1.1%
Resource 10
62,638
+0.8%
Industrial 25
103,823
+1.3%
Financial 15
15,968
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE