Share

Farah jag Keniane in eerste marathon

Londen. – Vandag gaan die Britse atleet Mo Farah nie so maklik kat en muis met sy teenstanders speel soos hy die afgelope twee jaar ’n gewoonte daarvan gemaak het nie.

’n Paar groot honde gaan vir hom in die Londen-marathon – sy debuut-marathon – blaf.

Verlede jaar was hy die wêreldkampioen in die 5 000 en 10 000 en twee jaar terug het hy hier voor sy tuisskare Olimpiese goud in dié einste twee items geproe.

In albei gevalle het dit nooit voorgekom of enigeen enigsins ’n bedreiging vir hom ingehou het nie. Maar vandag is dit ’n ander storie.

Hy moet dié keer vier keer verder hardloop. Farah het juis verlede maand inmekaar gesak pas nadat hy die New York-halfmarathon voltooi het.

Farah het wyslik alle bewerings ontken dat hy vandag kan wen.

Pleks daarvan, mik hy daarna om Steve Jones se Britse rekord van 2:07:13 te verbeter, wat reeds in 1985 opgestel is.

Alle oë sal op drie Keniane wees: Wilson Kipsang, wat in September die wêreldrekord na 2:03:23 laat krimp het, Emmamuel Mutai, wat die rekord vir dié marathon hou, en Geof­frey Mutai, wat die New York-marathon twee keer gewen het.

Drie ander groot name is die Olimpiese- en wêreldkampioen, Stephen Kiprotich van Uganda, Tsegaye Kebede van Ethiopië, twee keer ’n wenner van die Londen-marathon, en sy 40-jarige landgenoot, die legendariese langasem Haile Gebrselassie, wat vandag die pas aangee.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1030 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1093 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE