Share

Gouws: Aanlê sonder aansit

Toe Gouws Prinsloo as tjokkertjie op ’n koshuisveld in Queenstown ’n rugbybal leer skop het, was sy leermeester waarskynlik die laaste ou wat sou dink hy gaan eendag ’n Curriebeker-skerpskutter word.


Jare later sit Ernst Bezuidenhout naweke voor die kassie en kyk hoe Prinsloo die een bal ná die ander deur die pale klits.

Hoewel hulle nie juis meer kontak het nie, het die Griekwa-wedstrydwenner as ’n kannetjie van nege jaar oud by Bezuidenhout ’n paar skoplesse gekry wat uiteindelik die grondslag vir sy loopbaan gelê het.

Prinsloo se destyde mentor, nou ’n boer naby Ugie in die Oos-Kaap, het toe vir die Hoërskool Hangklip se eerste span gespeel, terwyl die Poubloues se ster in die Laerskool Hangklip was.

Verlede naweek het Prinsloo se akkurate stewel in die tweede agtereenvolgende Curriebeker-wedstryd ’n leeue-aandeel in Griekwas se oorwinning gehad.

Dié 24-jarige heelagter het onlangs van die krukkelys teruggekeer en sy korrelwerk het éérs gehelp om die Haaie in Durban en daarna die Pumas in Kimberley te verslaan.

Dit volg nadat afrigter Hawies Fourie se span vier wedstryde op ’n streep verloor het. Volgens Prinsloo is die geheim vir goeie stelskopwerk “om dit so eenvoudig moontlik te hou.” “Hoe meer tierlantynjies jy het, hoe meer kanse is daar vir foute,” sê hy aan Rapport.

“Jy moet dit eenvoudig hou en dan ure op die oefenveld deurbring.”

Die druk wat met stelskopwerk gepaard gaan, is dikwels vir skoppers die grootste uitdaging – maar Prinsloo is al gewoond daaraan . . .

“Elke skop is dieselfde. Of jy nou 50 punte voor is en of dit is om die wedstryd te wen – jy moet elke skop dieselfde benader. Dan is jou kans op welslae die beste.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 555 votes
No! It's time to move on ...
34% - 286 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.0%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.43
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
931.20
+0.6%
Palladium
994.50
+0.4%
Gold
2,336.48
+0.2%
Silver
27.57
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE