Share

Griekwas terug in Curriebeker-rugby

Verlig én opgewonde.

Dís hoe Griekwas se afrigter, Hawies Fourie, oor sy span se nuutgevonde Curriebeker-status voel.

Die Poubloues het die SWD-Arende gister op Outeniquapark in George met 57-12 oorrompel om ’n onseker tydperk van bykans agt maande op ’n hoogtepunt af te sluit.

Min ondersteuners sal vergeet hoe die Pumas in November verlede jaar die Noord-Kapenaars gerelegeer het, maar almal sal onthou watter karakter hulle in dié tydperk ten toon gestel het.

Om weer tot die Premierliga van die Curriebeker-reeks bevorder te word, was nie maklik nie. Met ’n Vodacombeker-titel agter die blad is Griekwas as die gunsteling beskou – en asof daardie druk nie genoeg was nie, het ’n gemotiveerde Luiperds-span heelpad in hul nekke geblaas.

Daardie einste Luiperds-span het Grens gister in Potchefstroom 103-15 afgeransel – en was dit nie vir die feit dat Griekwas die kwalifiseerders met ’n voorsprong van ’n enkele punt afgesluit het nie, het hulle vandag gratis Curriebeker-kaartjies in die Studentedorp uitgedeel.

“Ons is uiteraard baie verlig, maar terselftertyd baie opgewonde oor wat voorlê.

“Dit was ’n moeilike klompie maande. Ons het van die begin af geweet in watter bootjie ons onsself bevind en sedert November 2013 gewerk met net één doel – en dit was om weer Curriebeker-rugby te speel. Dit het ons in ’n hegte eenheid omskep en ’n soort kultuur gevestig wat net met tyd geskep word.

“Nou kan ons fokus op ons volgende doelwit en dit is om te presteer in dieselfde reeks waarvoor ons nou gekwalifiseer het,” het Fourie gister gesê.

Die wedstryd teen die Arende was feitlik heeltyd eenrigting-verkeer.

Griekwas het geduldig begin, maar dit het uiteindelik net 30 minute se rugby geneem om vier drieë vir daardie belangrike bonuspunt te druk.

Die gevolg was nie minder nie as nege drieë, waarvan die haker Ryno Barnes en agtsteman Carel Greeff elk twee gedruk het.

“Ons het geweet ons moet net geduldig wees en dat ons punte sal kry as ons bly druk toepas.

“Ek het voorspel die Luiperds gaan Grens met ’n groot telling klop en gelukkig het ons kop gehou,” het Fourie gesê.

* Die Luiperds-breier, Robert du Preez, was agterna diplomaties oor sy span se rits goeie vertonings, maar hul onvermoë om tot die Premierliga deur te dring.

“Ek is regtig hartseer vir die spelers. Ons sou graag in die Curriebeker-reeks wou gespeel het. Maar nou verskuif die fokus na die Eerste Liga en die strewe om dáárdie titel te verower.

“Ons vat heelwat momentum na die Eerste Liga toe, wat belangrik gaan wees met die oog op die toekoms,” het Du Preez gesê.

*  Punte:

Griekwas 57 (31): Drieë: Ryno Barnes (2), Carel Greeff (2), Jonathan Francke, Maks van Dyk, Marnus Schoeman, Ederies Arendse, Tian Meyer. Doelskoppe: Francois Brummer (2), Nico Scheepers (3).

SWD 12 (0): Drieë: Hentzwill Pedro, Christo du Plessis. Doelskop: Elric van Vuuren.

Luiperds 103 (54): Drieë: Luther Obi (4), Sylvian Mahuza (4), George Tossel (2), Hoffman Maritz, Dillon Smith, Morné Hanekom, Francois Robertse, Kobus de Kock. Doelskoppe: André Pretorius (14).

Grens 15 (3): Drieë: Michael Makase, Bangi Kobese. Doelskop: Masixole Banda. Strafdoel: Banda.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 559 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 805 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.3%
Rand - Pound
23.86
+0.2%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE