Share

Groot inspuiting vir netbalspelers

Bloemfontein se netbaltrots het weliswaar verlede jaar skoonskip in die land se grootste kompetisies gemaak, maar weier om homself as gunsteling in die nuutste toevoeging tot die netbalkalender te beskou.

SA netbal het die afgelope week ’n reuse-tree vorentoe gegee met die aankondiging van die land (én Afrika) se eerste semi-professionele netballiga. Die kompetisie sal bekend staan as die Brutal Fruit-netballiga en oor vyf naweke tussen 10 Mei en 7 Junie in Pretoria plaasvind.

Burta de Kock, breier van die nuwe Vrystaat Crinums-franchise, sê sy en haar spelers is verheug oor die nuwe liga en die kanse wat dit vir alle spelers in die land skep: “Ons werk hard, maar ons werk ook na spesifieke doelwitte. Hierdie kompetisie gee ons nog ’n doelwit en bied ook vir die spelers meer speelkans. En natuurlik gaan dit goud werd wees vir die Proteas in die aanloop tot die Statebondspele.”

De Kock was verlede jaar die afrigter van die Kovsies wat die Varsity-netbalkompetisie en USSA-liga gewen het en was ook aan die stuur van die Mangaung-span wat die SA kampioenskap in Rustenburg gewen het.

Met al die land se grootste titels tans in die trofeekas in Bloemfontein – en die nasionale heldinne Maryka Holtzhausen, Adele Niemand en Karla Mostert steeds ’n integrale deel van die span – sal die Bloemfonteiners vanjaar in elke kompetisie tussen die gunstelinge tel, maar De Kock sê: “Hierdie gaan ’n taai kompetisie wees, want daar is net vyf spanne in ons afdeling en elke naweek sal ’n krag-teen-krag-affêre wees.

“Ons benader dié kompetisie egter baie positief. Dieselfde spelers wat verlede jaar so baie bereik het, is steeds in die groep, saam met jongelinge wat oorloop van passie.”

Al nege provinsies sal ’n span in die kompetisie hê, maar Gauteng het twee: die Jaguars van Noord-Gauteng en die Golden Fireballs in Johannesburg.

Albei dié spanne, sowel as die OP Aloes en Noordwes Flames, sal saam met die Vrystaat Crinums in Afdeling 1 speel. In Afdeling 2 is die Southern Stings (Wes-Kaap), die Limpopo Baobabs, KZN se Kingdom Stars, die Mpumalanga Sunbirds en Noord-Kaap Diamonds.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 913 votes
No! It's time to move on ...
33% - 441 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.45
+1.5%
Rand - Euro
20.11
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.0%
Platinum
922.40
-0.3%
Palladium
960.00
-3.1%
Gold
2,334.20
+0.1%
Silver
27.29
-0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,421
+1.4%
All Share
75,426
+1.5%
Resource 10
62,370
+0.4%
Industrial 25
104,144
+1.6%
Financial 15
16,150
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE