Share

Haaie boelie Leeus

As jy die bal ordentlik wil jag, beter jy dit met gróót gewere doen.

Ouens soos Marcell Coetzee en Bismarck du Plessis, Haaie-baljagters wat die Leeus gisteraand hier op Ellispark ’n afbreekpunte-les gegee het wat nog vir ’n pynlike herinnering sal sorg.

Dit is wat ster-spelers veronderstel is om vir jou te doen. Wanneer jy sukkel om ’n wedstryd op die normale manier te wen, moet jy soos die Haaie jou ander wapens kan uitruk.

Gebruik dan graag ook die kanonpoot in jou arsenaal. Ja, dames en here, Frans Steyn kanon die balle weer nonchalant van doer ver af oor terwyl die res staan en kyk.

Drie keer gisteraand is die Leeus se oortredings selfs in die Haaie se gebied wreed gestraf.

En elke slag, soos die bal vir meters van Steyn se toks af opwaartse bollemakiesies deur die lug gemaak het, het die Leeus se hoop om te wen verder na benede getuimel.

En let wel: die Leeus kon dié een nog gewen het as dit nie vir die bogenoemde x-faktore in die besoekers se geledere was nie.

Die Haaie se afronding was in die eerste helfte só goor dat gebiedsvoordeel en hope balbesit niks meer as ’n rustydtelling van 6-elk in die sak gebring het nie.

Willem Alberts was wel ongelukkig om nie reg voor die rustydfluitjie sy vierde drie vir die seisoen te kry nie, maar ’n tegniese beslissing het ’n kruisie deur die drie getrek.

Dus was die deur steeds oop vir Warren Whiteley se Leeus toe deel twee van dié een ­begin.

Maar sien, wanneer die Leeus wel die bal gehad het was foute van hul eie ook jammerlik volop, en ondersteuning van die baldraer eenvoudig benede peil.

Dít is waar Coetzee en Du Plessis klokslag hul kloue ingeslaan het. En toe die Leeus dit probeer teëwerk het die skeidsregter, Craig Joubert, hulle gestraf omdat hulle nie op hul voete bly nie.

En dán was dit stewel-Steyn se beurt. Steyn moes ook generaal speel, met losskakel Fred Zeilinga vroeg reeds beseer van die veld.

Dit was gister nie ’n dag vir drieë nie, hoewel Lwazi Mvovo, gister uit posisie op heelagter tog so flink, sy span se enigste drie gaan druk het.

Dit was die laaste sê en daarmee het die Haaie heel rustig en tevrede in hul kooi aan die bokant van die Super-punteleer gaan klim.


Marcell Coetzee van die Haaie duik die Leeu-kaptein Warren Whiteley skoon uit die bal uit. Foto: Deaan Vivier

Punte:
Haaie 25 (6): Drie: Lwazi Mvovo. Doelskop: Frans Steyn. Strafdoele: Fred Zeilinga (2), Frans Steyn (4).
Leeus 12 (6): Strafdoele: Marnitz Boshoff (4).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 405 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 852 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
+0.4%
Rand - Pound
23.61
+0.9%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
941.70
-0.9%
Palladium
1,024.00
-0.5%
Gold
2,395.49
+0.7%
Silver
28.75
+1.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE